“Dames se bedanking ʼn terugslag vir Eskom”

Brian Dames

Brian Dames

Brian Dames het in moeilike tye die nodige kennis en ervaring na Eskom gebring en sy bedanking is ʼn terugslag vir die kragreus, het die vakbond Solidariteit Donderdag gesê.

Deon Reyneke, hoof van Solidariteit se Metaal-, Ingenieurs- en Elektriese Bedryf, sê Dames was daarmee getaak om Suid-Afrika uit sy elektrisiteitsvoorsieningskrisis te kry en die publiek se vertroue in Eskom te herstel. “Dames het in ʼn besonderse moeilike tyd goeie leierskap openbaar en moet krediet daarvoor kry.”

Reyneke het die hoop uitgespreek dat ʼn ervare opvolger vir Dames aangewys sal word ten einde stabiliteit by die beleërde staatsinstelling te verseker.

Lees ook: Eskom-baas bedank

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.