Dansonderwyser skuldig aan verkragtings

‘n Dansonderwyser van die Wes-Kaap is daaraan skuldig bevind dat hy sewe jong dogters verkrag het.

Lawrence Gagu, ‘n onderwyser van Khayelitsha, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan dié reeks verkragtings wat tussen 2009 en 2010 plaasgevind het. Regter Nonkosi Saba het agtergrond oor die saak by sy uitspraak ingesluit, waaronder getuienis van sommige van die dogters. Volgens ‘n 10-jarige slagoffer is sy 12 keer aangeval, en ander het getuig dat hulle twee of drie keer verkrag is. Meeste van die voorvalle het tydens die dansklasse plaasgevind. Gagu het gedreig om die dogters dood te maak indien hulle hom ooit by hul ouers sou aangee.

Saba het Gagu aan sewe klagtes skuldig bevind en gesê dat die dogters se getuienis geloofwaardig was.

Intussen het die hoogste hof van appèl ‘n lewenslange vonnis van ‘n verkragter van Limpopo teruggetrek. Die hof het bevind dat die man nie lewenslange tronkstraf verdien nie, aangesien die kind nie tydens die voorval gehuil of geskree het nie. Die hof het in ag geneem dat die 15-jarige nie enige ernstige fisiese skade berokken is nie. Die man se vonnis is tot 15 jaar verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.