Dave van Vuuren is SA se nuwe Idol

Dave van Vuuren. Foto: Facebook

Die 20-jarige Johannesburger Dave van Vuuren is Suid-Afrika se nuutste Idol.

Van Vuuren het Dinsdagaand die meerderheid stemme op hom gevestig om die titel weg te raap voor die Kapenaar Mark Haze. Nagenoeg 2 miljoen stemme is uitgebring. Die aand het afgeskop met die top tien Idols se weergawe van Jennifer Lopez se On the floor. Haze het hierna Adam Lambert se If I had you gesing terwyl Van Vuuren die gehoor vermaak het met sy weergawe van Willie Mae “Big Mama” Thornton se Hound Dog. Liquideep, die Parlotones, Kurt Darren en die Parlotones het ook opgetree. Verlede jaar se Idols-wenner, Elvis Blue, en naaswenner, L’loyd Cele, het die gehoor vermaak met hulle nuutste liedjies. Van Vuuren wen onder meer ʼn platekontrak, ʼn nuwe motor, R25 000 se geskenkbewyse en R500 000 kontant. Haze wen R100 000 kontant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.