David Beckham een van die rykstes in sport

David Beckham

David Beckham, voormalige kaptein van Engeland se sokkerspan het reeds sowat £160 miljoen ingepalm en het hom ʼn plek verseker in die Sunday Times Rykes in Sport-lys wat die afgelope naweek publiseer is.

Beckham (37) speel nou vir LA Galaxy en is een van 48 voormalige en huidige sokkerspelers in dié lys wat 100 van die rykste sportsmanne in Brittanje en Ierland aanwys. Beckham hoop om in die Team GB-span opgeneem te word wat tydens die Olimpiese Spele in sy tuisdorp, Londen, sal deelneem, berig EWN.

Die Sunday Times het Beckham ook 10de in sy lys van die wêreld se rykste sportfigure aangewys, ʼn groep waar golfspeler Tiger Woods voor loop. Woods het reeds ʼn beraamde £538 miljoen ingepalm. Formule 1-renjaer Michael Schumacher is tweede op die lys en basketbalspeler Michael Jordan is derde.

Onder die vroue loop Maria Sharapova voor met sowat £55 miljoen. Sharapova, soos Beckham, het meeste van haar inkomste deur sportmodes en ander borge verdien. Geen Britse of Ierse swemmer, fietsryer of baan- of padatlete is onder die top 100 nie – iets wat moontlik deur die loop van dié Olimpiese jaar kan verander. Daar is geen huidige of voormalige sportvroue onder die top 100-lys van Brittanje of Ierland nie. Nie al die name op die lys is bekend nie. Tweede op die lys naas Beckham is die voormalige rugby-uniespeler Paul Caddick wat nou ʼn eiendoms- en konstruksiemaatskappy bedryf en wie die voorsitter van die rugbyliga Leeds Rhinos is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.