David Beckham kondig ook uittrede aan

David Beckham

Skaars ʼn week nadat die Manchester United-sokkerafrigter, Sir Alex Ferguson, aangekondig het dat hy gaan uittree, het die bekende sokkerster, David Beckham, ook sy uittrede uit professionele sokker aangekondig.

Beckham (38) het Donderdag bekendgemaak dat hy aan die einde van die 2012/2013-seisoen sy sokkerstewels gaan ophang. Beckham sluit sy skitterende loopbaan af op ‘n hoogtepunt, nadat Paris Saint-Germain onlangs ‘n ligatitel in ‘n vierde land gewen het. Hy is ook die rekordhouer in Engeland nadat hy 115 keer vir die nasionale span gespeel het. Hy het sy sokkerloopbaan by Manchester United, onder afrigting van Ferguson, begin.

Beckham het gesê hy voel dit is nou die regte tyd om sy loopbaan af te sluit, aangesien hy reken hy het gevorder tot waar hy kan. Lees meer hier.

Maroela Media het verlede Woensdag berig dat Ferguson (71), wat vir 26 jaar lank aan stuur van sake by Manchester United-sokkerklub was, sy uittrede aangekondig het. Hy het gesê dit was vir hom belangrik om sy loopbaan op ʼn hoë noot af te sluit en hy glo hy het dit reggekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.