Dawie Roodt: ‘Nog werkverlies ons voorland’

dawie-roodt-afrisake-2018-06-05

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group. Foto: Reint Dykema.

Solank sakelui nie sekerheid het oor eiendomsreg in Suid-Afrika nie, sal die land aanhou werkgeleenthede verloor, sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.

Hy sê die tweede kwartaal se indiensnemingsyfers wat Statistieke Suid-Afrika Woensdag bekendgemaak het, lyk dalk onbelangrik omdat die formele sektor “net” 70 000 werkgeleenthede verloor het, maar dis betekenisvol omdat die syfers in die middel van die jaar eintlik bestendig behoort te wees.

Roodt sê sulke “ontwrigting” is veronderstel om in die eerste en laaste kwartaal te gebeur omdat dit is wanneer baie mense van werk verander of vakansiewerk doen.

Gevra of hy meen pres. Cyril Ramaphosa se veelbesproke aansporingspakket kan werkverlies teenwerk en die ekonomie laat groei, sê Roodt hy het geen vertroue in die pakket nie. “Eerstens is die staat al jare lank met ʼn stimuluspakket besig, want hulle bestee baie meer as wat hulle inkry.

“Niemand moet dink die staat was nié tot dusver stimulerend nie.” Die plan is dus niks nuuts nie.

Hy sê die tweede belangrike punt is dat die pakket uit twee aspekte bestaan: “Die ekonomiese goed en die sosiaal-politieke goed, wat niks vir die ekonomie beteken nie. Dit gaan niks regkry nie.”

Roodt gee toe Ramaphosa het “hier en daar positiewe goedjies” genoem, maar die feit bly die staat het nie geld beskikbaar om werklik die ekonomie aan die gang te kry nie. “Hy probeer die ekonomie stimuleer sonder om geld te bestee.”

Wat hom veral teleurgestel het, is dat die president geen melding gemaak het van sake wat Roodt meen dringend aandag moet kry nie. “Wat van die gemors van staatsbeheerde instellings? Hoe gaan hy dit regkry?”

Hy sê as Ramaphosa erns wil maak met ekonomiese herstel, sal hy mense moet kwaad maak. “Betaal staatsamptenare wat hulle werd is en nie wat hulle jou deur Cosatu dwing om hulle te betaal nie.”

Ongelukkig bestaan die opvatting in die staatsektor steeds “dat jy kan dreig en goeters breek as jy nie jou sin kry nie”. Roodt sê hieroor het die president nie ʼn woord gerep nie.

Ook die voorneme wat Ramaphosa het om werkgeleenthede in die landbousektor te skep en meer mense aan die boer te kry, beskryf hy as “politieke geluide wat niks beteken nie”.

“Wêreldwyd is die neiging minder boere op groter plase. Jy gaan nie meer boere kry nie; kry dit in jou kop.”

Hy voorspel werkloosheid sal aanhou toeneem solank die ekonomiese groeikoers laer as die bevolkingsgroei is. “Dis so eenvoudig.”

Roodt sê die grootste stok in die speke van ekonomiese groei is die onsekerheid oor eiendomsreg. “Dit werk ongetwyfeld stremmend in op die ekonomie, maar dis duidelik die ANC is [vir Ramaphosa] belangriker as die land.”

Hy vertel sakelui het weens die sprake van onteiening sonder vergoeding die laaste tyd prontuit vir hom gesê hulle sal nie nog ʼn sent in Suid-Afrika belê nie. Dit maak vir hom sin, want “jy kan nie in ʼn land belê waar die staat jou goed gaan afvat nie”.

Sakelui het positiewe geluide oor die “stimuluspakket” gemaak, sê Roodt, omdat hulle “nie hier is om games te speel nie”. Hulle betaal belasting, maar wil nie ʼn beroering maak nie.

“Hulle wil net geld maak. As hulle nie kan nie, waai hulle [landuit] en gaan maak dit op ʼn ander plek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

LK ·

Tot en met die staat uit my besigheid bly, en nie vir my probeer se wie en wat ek mag aanstel nie, sal ek nie bydra tot werkgewer nie. BEE was nie daar toe ons n klein maatskapy was nie, nou dat ons baie, baie gegroei het en vrek goed doen, nou wil julle kom en oorvat.

Die Stem ·

Dawie Roodt weet waarvan hy praat. Dis jammer dit tel nie in ons land n punt om logies te kan redeneer nie.

Duncan Potgieter ·

CR moet die Kabinet met 60% verminder en vir Dawie Roodt in `n nuwe portefeulje aanstel sodat hy werklik leiding kan gee aan die Regering om die ekonomie in SA op die dreef te kry.
Gee vir Dawie `n “Bells” – die man het die kennis en kundigheid en benut hom om SA uit die moeras uit te kry

Hannetjie ·

Gee vir Dawie Roodt ‘n bottel Bell’s.Hy skroom nie om die ware waarheid te praat nie.Dawie..tyd dat jy en ons President ‘n bosberaad hou

Eish ·

Uitstekende, beredeneerde en nugtere kommentaar.
Eenvoudig soos dit.
“… hy het geen vertroue in die pakket nie.”
” Dit gaan niks regkry nie”
Helhool verafrikaniseerde uitkomste wat lei na nêrens!

Paul ·

Ek het al die tyd so ‘n idee gehad Cyril het die die regte mense op die paneel gehad om sy groeiplan te maak werk nie. Daardie mense het hom vertel wat hy graag wil hoor en natuurlik so in die kraal van hul ideologie.

Johann cb ·

Hierdie dekselse Unies en arbeidsmakelaars veroorsaak dat mense salarisse betaal word wat hulle nié verdien nie! Raak van hulle, en die hopelose amptenare ontslae!

Natan ·

Meer mense aan die boer te kry. Resep vir ekonomiese ramp. Die middeleeuse Europa het ekonomies gegroei toe daar minder boere is wat meer geproduseer het as wat hulle self benodig. Oortollige produkte is verkoop aan mense wat nie geboer het nie maar waarde aan die samelewing verskaf het deur navorsing, handel, skeepsbou, ens. Dit is die kern van ekonomiese groei om na sekondêre en tersiêre ekonomieë te beweeg. Wys net daar bestaan nie ‘n begrip van ekonomie by die regering nie. Praat daarvan sonder om dit te definieer of te verstaan. Dit moet duidelik aan die mense van die land verduidelik word, wat duidelik nie gedoen word nie. Die verwysingsraamwerk verskil drasties.

JAN ·

Trump het sopas in die VN dit uit gespel dat die dae van politieke sosialistiese globalisasie verby is en globale sakemodel deur die VSA eenvoudig ge-eis word. Die valse daggadrome van die NWO se massa media ten koste van blanke westerse Christelike beskawing het na 50 jaar die einde bereik.
Dit gee my hoop en lig in die duisternis.

O aarde ·

Stem saam met Dawie. CR moes net 3 dinge gedoen het: alle arbeidswetgewing gekanselleer het, ontslae geraak het van RA/SEB en veklaar het dat niemand se eiendom afgevat sal word nie. Voila, probleem opgelos. Werk word geskep en die welsynstaat word nek omgedraai. Maar wat weet ek? Betaal maar net belasting hier.

Mrs H ·

Briljante stellings Dawie. Dankie. Ek wil bylas, dat die tyd al lankal aangebreuk het om Affirmative Action te laat vaar. Bewyse toon oral hoeveel skade en verkramptheid die nagevolge was en steeds is. Het pas oorsese investors wat vuur en vlam was, oor ons ontwikkelings projekte van moderne tegnologie verloor, agv ondemokratiese wetgewings, arbeids wette, belasting wette, onderdrukking van minderheid groepe, kriminele statistieke en natuurlik eiendomsregte en grondhervorming, met erg onstabiele politiek en ekonomie. So, ons gaan hierdie ongelooflikke werkskeppende projekte vanuit Botswana handhaaf…nes Dawie gese het. Daar gaan ek en my kinders en familie ook nou tatta! Dit breuk my hart, ek wil nêrens anders wees as in SA nie. Ek is bereid om betrokke te raak in n oorlog daarvoor, maar in die tussentyd, moet ek my twee baie jong dogtertjies veilig en doeltreffend groot maak. Bitter hartseer en kan nie verstaan hoekom ons gevorderde mense nie kan aandring op dringende adviseuring op parlementsvlak nie. Meerderheids groepe kon nog nooit “predictive thinking” effektief implimenteer nie, ook nie konstruktief leiding neem met doeltreffende fokus of sukses nie. So asb laat die minderheids groep toe, om dit waarmee hulle uitstekend is, toe te pas?! En nou gaan n hele lot mense sonder werk sit met ons wat nie meer hier is nie, en aansienlik minder belasting gaan ingevorder word vir SA.

Joan Strydom ·

Baie dankie vir ’n uitstekende berig. Suksesvolle besighede wat meer as 20 jaar in SA bestaan maak toe en soek weivelde buite SA grense. Sakemanne is daarop gerig om geld te maak. Watter ool sal in die huidige omstandighede hier ’n begin wil kom maak?

Ja Nee ·

Dawie hoekom dink jy steur CR hom nie aan die waarheid nie? Tussen die blindes is die een oog koning!

PJC ·

Dit is alles baie waar wat Dawie sê. Ongelukkig weet ek van geen regering in Afrika wat hom juis veel aan die waarheid steur nie.

henk ·

Solank as wat die massas dink alles is piekfyn sal dit maar moeilik gaan.Ek weet Dawie is reg maar die massas het ‘n ander opinie.

Willem ·

Maar ek sien Priester Ramaphosa sê die buiteland verstaan nou Suid Afrika se grondplan, na sy VN besoek. Hy kry dit nie in sy kop nie en storm net voort.

Jd ·

In my opinie is die grootste probleem die absolute gaos waarin ons wetstoepassings entiteite verval het. Stimuleer die ekonomie? Verminder werkloosheid deur n sisteem van 2 jaar verpligte polisiediens in te stel en die sogenaamde regte van kriminele op te weeg teen wat in die grondwet staan oor die beskerming van burgers. Dit sal n groot verskil maak in die werkloosheids syfers sowel as die probleem met wetteloosheid. Dit kan ook vertak en markte skep tot meer besighede en n terugkeer van dissipline en verantwoordelikheid in sa. Maar net my 5 sent.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.