DBV konfiskeer jaghonde

Argieffoto

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het oor die naweek 12 windhonde gered wat glo vir onwettige jagtogte gebruik is.

Marlien Pieterse, die bestuurder van die Vereeniging DBV, sê die Meyerton-polisie het hulle bygestaan om die honde te red.

“Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Daar was ʼn dooie wildehaas in hul besit gevind. Die haas is deur die honde doodgebyt,” het Pieterse gesê.

Die verdagtes word van dieremishandeling aangekla en moet binnekort in die hof verskyn.

Volgens ʼn onafhanklike veearts, is jagtogte wat deur honde gedoen word ʼn wrede praktyk wat geweldige stres vir die prooi veroorsaak. Die prooi word erg verwilderd, deur die honde gemartel en sterf ʼn wrede dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.