De Beers en NUM bereik ooreenkoms

De Beers en die vakbond NUM het ‘n ooreenkoms in hul loononderhandelinge bereik, het die diamantmynmaatskappy Saterdag gesê.

“Die ooreenkoms is Vrydagaand onderteken,” het Wayne Smerdon, hoof van werknemerverhoudings by De Beers, gesê. “Die loonverhoging van 9% sal terugwerkend vanaf Mei 2013 in werking tree.”

NUM verteenwoordig 1 300 werknemers in die onderhandelingseenheid by De Beers. NUM het Vrydag gesê werknemers sal staak indien ‘n ooreenkoms nie bereik kan word nie. Werknemers het aangedring op ‘n loonverhoging van 13%, terwyl die maatskappy 6% aangebied het. NUM het ook ‘n verlenging in jaarlikse verlof geëis.

Sowat 2 550 mense werk vir De Beers Consolidated Mines by Kimberley-, Venetia- en Voorspoed-myne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.