De Beers-ouditeur skuldig aan bedrog

Argieffoto

‘n Ouditeur van Noordwes is Vrydag tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy bedrog van nagenoeg R4.8 miljoen gepleeg het.

“Die man is in die Rustenburgse landdroshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis met twee jaar opgeskort,” het brigadier Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

Die man is in Januarie 2012 in hegtenis geneem nadat hy as ouditeur by De Beers Vervoerdienste bedrog gepleeg het. Hy het glo tjeks gesteel en hul in sy naam uitgereik, handtekeninge nagemaak en die gesteelde fondse in sy eie bankrekening inbetaal. Ngubane sê 286 klagtes van bedrog is teen die man aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.