De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek

Betogers in De Doorns Foto deur die gebruiker @justkoyana (Xolani Koyana) op Twitter gelaai

Betogers in die Wes-Kaap het ‘n joernalis se motor Woensdag in De Doorns omgeslaan en aan die brand gesteek voordat hulle hom aangerand het.

Die motor, wat aan Independent Newspapers behoort, en deur die Cape Time-joernalis, Xolani Koyana gebruik is, is tydens ‘n botsing tussen betogers en die polisie beskadig. Koyana het aan Sapa gesê hy moes uit sy motor na veiligheid gepluk word nadat betogers die motor met klippe bestook het. Hy en ‘n interne verslaggewer was in die motor toe betogers hulle omring en aangesê het om te beweeg. “Ek was saam met ‘n ander verslaggewer en sommige mense kon hom uit die motor trek,” het Koyana gesê.

Koyana is later deur ‘n groep mense na ‘n nabygeleë kerkgebou geneem nadat hy uit die motor kon kom. “Sommige mense het my begin slaan toe ek uitklim,” het hy bygevoeg. Hy was in die kerkgebou toe die motor aan die brand gesteek is.

Hy het slegs ‘n paar snye aan sy arms opgedoen.

“44 mense is in hegtenis geneem na die betogings Woensdag,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die N1-snelweg by De Doorns bly vir verkeer gesluit. Betogers het die pad met klippe versper en die polisie met klippe bestook, wat toe met rubberkoeëls reageer het. ‘n Polisiekaptein is beseer. “Dit is nie ernstig nie, hy is behandel en ontslaan,” het Traut gesê.

Die vermeende plaasarbeiderstaking is verlede jaar opgeskort ná ‘n onderneming dat onderhandelings tussen werknemerverteenwoordigers en individuele boere sou voortduur. Dié onderhandelings was egter onsuksesvol.

Betogers dring daarop aan dat die dagloon van R69 na R150 verhoog moet word. Hulle dring ook op ‘n samehangende grondhervormingsprogram aan. Ten minste twee mense het tydens die gewelddadige aksie tussen 27 Augustus en 4 Desember gesterf.

Lees ook:
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.