De Doorns: Joernaliste loop deur

‘n Foto van die beskadigde foto is deur die gebruiker @noma_solwandle op Twitter gelaai

‘n Motor van die SABC is Maandag in De Doorns in die Wes-Kaap met klippe bestook.

SABC Radio het berig dat sy span besig was om ‘n onderhoud met beweerde stakers by Stofland-informele nedersetting te voer toe klippe na die voertuig gegooi is. Die agterruit van die motor is beskadig. Niemand is in die voorval beseer nie. Klik hier om meer te lees.

Maroela Media het verlede week berig ‘n joernalis se voertuig is tydens die betogings aan die brand gesteek. Die motor, wat aan ‘n joernalis van Independent Newspapers behoort het, is Woensdag in De Doorns omgekeer en aan die brand gesteek.

Die polisie het vroeër gesê een van sy voetpatrollies is ook Maandagoggend in De Doorns aangeval. “Beamptes is omstreeks 03:00 aangeval terwyl hulle ‘n informele nedersetting patrolleer het,” het ao November Filander, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die beamptes het ‘n skokgranaat gebruik om die skare uit mekaar te jaag.” Drie persone is vir openbare geweld in hegtenis geneem. Een persoon het glo dagga by hom gehad.

“Die betrokke plaasgebiede waar die stakings plaasvind is in dié stadium kalm. Die polisie hou steeds die gebied dop,” het Filander bygevoeg.

Betogers dring aan op ‘n dagloon van R150. Werkers verdien tans R69 per dag.

Die staking het op 27 Augustus verlede jaar begin en is op 4 Desember opgeskort. Die betoging het Woensdag hervat. De Doorns is steeds die middelpunt van die gewelddadige aksie tussen betogers en die polisie.

Die polisie moes Donderdag van ‘n waterkanon gebruik maak, en het rubberkoeëls en skokgranate gebruik om duisende betogers, wat hulle met klippe bestook het, uit mekaar te jaag. ‘n Vragmotor is Saterdagoggend gekaap en aan die brand gesteek.

Ten minste 125 mense is tussen Woensdag en Sondag in verband met die betoging in hegtenis geneem, hoofsaaklik vir publieke geweld.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie (KVBA) het Saterdag aangebied om in te gryp en gesê dat hy oor die mag, vaardighede en ondervinding beskik om ‘n oplossing te bereik. “Ons het ons dienste aangebied, en vertrou dat die partye positief op ons aanbod sal reageer,” het Nerine Kahn, uitvoerende direkteur van die KVBA, gesê. Die KVBA het ook gesê hulle is in ‘n posisie om ‘n bindende korttermyn-ooreenkoms te bemiddel terwyl die partye wag dat ‘n sektorbepaling vir lone deur die departement van arbeid vasgestel word.

Lees ook:
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.