De Doorns: Nosey Pieterse word aangekla

Nosey Pieterse. Foto: Facebook.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag kriminele klagtes gelê teen Nosey Pieterse van die vakbond Bawusa. Pieterse is die sentrale figuur in die sogenaamde plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap. Die klagte is by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aanhangig gemaak.

Volgens Nantes Kelder, die hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, is die klagtes gelê nadat ʼn verslag saamgestel is deur ʼn taakspan van AfriForum wat die geweldgeteisterde Wes-Kaap aan die einde van 2012 besoek het. Klagtes teen Pieterse is gelê ingevolge artikel 17 van die Wet op Oproerige Byeenkomste. Die betrokke artikel bepaal dat enige persoon aangekla kan word van openbare geweld indien sy woorde, publikasie of blote optrede aanleiding kan gee tot openbare geweld. So ʼn persoon is skuldig aan ʼn misdryf.

“Pieterse gaan steeds voort met die onbeskermde staking wetend dat dit gewelddadig is, derhalwe maak hy hom volgens AfriForum skuldig aan ʼn misdryf en moet hy verantwoordelikheid aanvaar vir sy optrede,” het Kelder gesê.

Kelder het verder plaasboere in die Wes-Kaap aangeraai om ʼn siviele klasaksiesaak teen Pieterse en Cosatu aanhangig te maak. Daar is volgens hom ʼn onlangse gepubliseerde saak waar siviele optrede teen Cosatu ingestel is en Cosatu verantwoordelikheid moes neem vir die skade wat aangerig is.

Lees ook:
De Doorns: Sommige betogers werk dalk weer môre
De Doorns: Hoofweg gesluit
“Maak gereed vir grootskaalse moeilikheid landswyd”
De Doorns-onluste: Bawsi sê staking nie opgeskort nie
Betogings in die Wes-Kaap opgeskort
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.