De Doorns-onluste: Bawsi sê staking nie opgeskort nie

Betogers in De Doorns Foto deur die gebruiker @justkoyana (Xolani Koyana) op Twitter gelaai

Die beweerde plaasarbeiderstaking in die Wes-Kaap is volgens die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) nie opgeskort nie.

“Die staking sal regoor die provinsie voortduur totdat ʼn ooreenkoms vir beter lone en werkersbeskerming bereik is,” het Nosey Pieterse, president van Bawsi en uitvoerende hoof van die Building and Allied Workers Union of SA (Bawusa) Donderdag gesê. “Werkers wat teruggaan werk toe, doen dit met ʼn groot risiko. Hulle gaan terug na wraaksugtige boere, meer afleggings, viktimisasie en intimidasie; dieselfde ou lewe, dieselfde ou geld.”

Pieterse, wat glo duisende stakende werkers verteenwoordig, het ʼn voorbeeld van beweerde viktimisasie in Piket-Bo-Berg voorgehou. Hy sê boere in die gebied het werkers glo genooi om Dinsdag terug te keer werk toe, en toe 41 werkers afgedank.

Die vakbondfederasie Cosatu het Woensdag aangekondig dat die staking vir ʼn week lank opgeskort is. Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris, het gesê die staking sal volgende week Woensdag hervat word indien AgriSA nie aan sekere voorwaardes voldoen nie. Klik hier om meer te lees.

André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê geen berigte van geweld in verband met die betogings is Woensdagaand of Donderdagoggend aangemeld nie.

Lees ook:
Betogings in die Wes-Kaap opgeskort
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.