De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur

Die departement van arbeid se belofte om die minimumloon van plaasarbeiders te hersien kan dalk langer duur as wat aanvanklik beraam is.

Musa Zondi, woordvoerder vir Mildred Oliphant, minister van arbeid, het gesê die hersiening maak staat op onderhandelings en kan dalk langer as twee weke duur. “Mens verstaan waar die werkers vandaan kom, maar jy kan nie ʼn tydlyn aan die sake koppel wanneer onderhandelings plaasvind nie. Talle sake spruit uit sulke onderhandelings,” het Zondi gesê.

Die departement het verlede week ʼn kennisgewing publiseer om die huidige sektorbepaling vir landbou te kanselleer, ná gewelddadige betogings oor lone die Wes-Kaap vir langer as ʼn week geteister het. Tafeldruifplukkers en ander werkers eis R150 per dag. Talle verdien tans tussen R69 en R75 per dag.

Die Koalisie vir Plaaswerkerverteenwoordigers het die regering tot 4 Desember gegee om ʼn dagloon van R150 in te stel en aan hul eise soos verbeterde lewensomstandighede te voldoen. Toe die tydelike “wapenstilstand” aangekondig is, het die Koalisie onderneem om betogings in omvang en strydlustigheid te laat toeneem indien daar nie by die sperdatum gehou word nie.

Zondi het aan die Cape Times gesê dat Oliphant Woensdag van Geneva terugkeer en dat sy Donderdag met die Diensvoorwaardeskommissie sal vergader. Volgens Zondi sal die Kommissie die minister glo van raad bedien oor hoe sy die sektorbepaling kan hersien. Oliphant sal dan die verteenwoordiging van die betrokke partye oorweeg.

Lees ook:
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.