De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon

Foto deur die gebruiker @dimitrikiewiet op Twitter gelaai

Die polisie het Donderdag ‘n waterkanon gebruik om betogers wat op die N1-snelweg in De Doorns in die Wes-Kaap bymekaargedrom het, te laat verdaag.

Die betogers het die snelweg met twee trekkers versper en in die rigting van die waterkanon, wat tussen twee pantservoertuie van die polisie gestaan het, beweeg. Betogers het van die trekkers afgespring to die polisie met rubberkoeëls en skokgranate op hulle losgebrand het.

Rook van ‘n paar klein brande kon oral langs die N1 gesien word. Dit is nog nie duidelik wie die brande gestig het nie, maar ‘n aantal mense op die toneel het gesê die polisie se skokgranate is vir die brande verantwoordelik.

Verskeie polisiebeamptes was buite een plaas gestasioneer waar betogers glo ‘n hek gebreek het.

Pantservoertuie is vroeër op die snelweg ontplooi en talle onlustepolisiebeamptes het gepoog om die situasie te ontlont. Die snelweg is sedert die aanvang van die betogings gesluit. Die betogings wat in Desember opgeskort is, het Woensdag weer hervat.

Duisende betogers het die polisie Donderdagoggend getart en hulle met klippe bestook. Die polisie het in reaksie hierop met rubberkoeëls teruggeskiet.

Die Bawsi Landbouwerkersunie van Suid-Afrika (Bawusa) beweer nege mense is sedert Woensdag deur rubberkoeëls gewond. “Pat Marran, voorsitter van die ANC Boland-tak, is na die hospitaal geneem nadat hy glo deur privaat sekuriteitsbeamptes gewond is,” het Nosey Pieterse, uitvoerende hoof van Bawusa, gesê. Pieterse sê nagenoeg 6 000 arbeiders staak in De Doorns. Betogings vind ook in Grabouw en Wolseley plaas.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê 44 mense is reeds in hegtenis geneem.

Vermeende plaasarbeiders het verlede jaar begin staak en eis ‘n verhoging in hul dagloon van R69 na R150, sowel as ‘n samehangende grondhervormingsprogram. Ten minste twee mense is dood in die gewelddadige betogings tussen 27 Augustus en 4 Desember. Betogers het ook verskeie plase aan die brand gesteek. Die staking is opgeskort ná ‘n onderneming dat onderhandelings tussen arbeidsverteenwoordigers en individuele boere sou voortduur. Dié proses was glo onsuksesvol.

Lees ook:
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.