De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval

Die polisie in die Wes-Kaap het Dinsdag bewerings ontken dat hulle betogers in Nduli en Prince Alfred Hamlet, naby Ceres, aangeval het.

Die Workers International Vanguard Party beweer in ʼn verklaring dat die polisie die betogers aangeval het, wat toe op hul beurt reageer het deur polisievoertuie aan die brand te steek.

“Die bewerings in dié verband is vals. Polisie het reageer teen stakende plaaswerkers en rubberkoeëls gebruik om die skare te beheer,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, in ʼn e-pos gesê. “Niemand is aangeval nie, en geen skade aan enige van ons voertuie is aangemeld nie.”

Traut sê die situasie in die gebied word dopgehou en polisiebeamptes is ontplooi om wet en orde te handhaaf.

Werkers in die De Doorns-gebied betoog reeds sedert verlede Maandag oor werksomstandighede en lone.

Lees ook:
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.