De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe

Plaaswerkers van minstens tien ander dorpe het Dinsdagoggend by die De Doorns-staking aangesluit.

Daar is tans ongeveer 8 000 plaaswerkers wat staak, berig RSG. Op Ceres in die Boland is ʼn polisiebeampte in die hospitaal opgeneem nadat hy glo deur ʼn klip getref is. Honderde stakende werkers het vroeër die R62 tussen Robertson en Bonnievale versper.

Lees ook:
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Buiten dat stakings die tendens toon dat dit gedurende die afgelope jare in volume maar ook in intensiteit toegeneem het, het dit nou ook nog ‘n verdere dimensie bygekry, naamlik ‘n sterk politieke-kleur – veral dit wat homself nou in die Boland afspeel. Wat laasgenoemde aanbetref, is dit sonder twyfel deur die ANC en sy alliansievennoot, Cosato, geïnisieër. Die rede is eenvoudig maar net dat die DA se beheer oor die Wes-Kaap, ‘n ergernis is vir die ANC wie mag en beheer oor die ganse Suid-Afrika wil hê. In die stakings wat tans by de Doorns plaasvind en verder uitgebrei het oor die Boland, sien die ANC vir homself ‘n gulde geleentheid om die beheer van die DA te diskrediteer.

Die implikasie hiervan is dat die ANC besig is om die boerdery-sektor ernstig te destabiliseer en sodoende ook die potensiële werksgeleenthede wat hierdie sektor bied. Die grootste implikasie egter is die feit dat die inkomstebronne erg aangetas word en dusdanig die ganse ekonomie van die wyn-, vrugte- en sitrusbedryf van die Boland. Hiermee blyk dit die ANC nie rekening mee hou nie – solank hy net ten alle koste in beheer kan kom van die Wes-Kaap.

Dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika met so ‘n regering opgeskeep is wie se prioriteite geensins daarop ingestel is om vooruitgang in die land te skep nie, maar slegs ingestel is vir eie gewin vanweë ‘n oordrewe magsbeheptheid. Dit wat homself aan staking, geweld en oproer in Suid-Afrika afspeel, gaan die land nog duur te staan kom in die internasionale arena.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.