De Jager se DNS onder slagoffer se naels

Johannes Christiaan de Jager (48) . Foto: SAPA

Johannes Christiaan de Jager (48) . Foto: SAPA

Johannes Christiaan de Jager (48), wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies vermoor het, se DNS is onder die vingernaels van een van sy vermeende slagoffers gevind, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Maandag gehoor.

Majoor Ulrich Koenze, ʼn forensiese kenner, het getuig dat De Jager se DNS onder die vermoorde prostituut, Hiltina Alexander se naels gevind is, nadat sy in Mei 2008 vermoor is.

De Jager het onskuldig gepleit op aanklag van verkragting en moord op Alexander (18), en die moord op Charmaine Mare (16) van Mpumalanga. Die moorde is in Januarie verlede jaar gepleeg.

Koenze het gesê hy het die uitslag van Alexander se geknipte naels, die monster wat onder haar naels geneem is en bloedmonsters van De Jager en Alexander analiseer. Hy het gesê dat forensiese uitslae bewys dat die beskuldigde se DNS aan Alexander gevind is.

Mare het haar vriendin in Kaapstad besoek toe sy vermoor is. De Jager was in ‘n verhouding met die vriendin se ma. Die vriendin, haar ma en De Jager se seun was op ʼn bootreis toe Mare se beweerde ongeluk plaasgevind het. De Jager het verlede jaar tydens sy pleitverduideliking aangevoer Mare se dood was ʼn ongeluk en dat hy haar nie vermoor het nie.

Hy het gesê die ongeluk het op Vrydag, 11 Januarie plaasgevind. Hy het gesê Mare het op ʼn badkamermatjie gegly, haar kop teen die bad getref, en nie weer bygekom nie. Hy het destyds gesê hy was bang en paniekerig, daarom het hy besluit om haar liggaam in ʼn drein buite die huis te stort.

Hy het erken dat hy haar onderbene en voorarms afgesny het sodat sy in die drein kon pas. Hy het ook skuldig gepleit op die aanklag dat hy haar liggaam die Sondag na ʼn veld in Kraaifontein geneem het, waar hy dit aan die brand gesteek het.
Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Lees ook:
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

De jager, hoop jy kry jou verdiende loon in die tronk…liegbek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.