De Klerk beskuldig ANC van diskriminasie

Oud-pres. FW de Klerk

Oud-pres. FW de Klerk

Oud-president FW de Klerk het Vrydag gesê die ANC diskrimineer teen mense gebaseer op hulle ras.

“Ons is nooit oor die ANC se benadering tot transformasie gekonsulteer nie en ons aanvaar dit nie,” het De Klerk tydens ʼn toespraak in Kaapstad, om 20 jaar van demokrasie te vier, gesê. “Hierdie beleide, in die ANC se sogenaamde tweede fase van transformasie, is gerig teen Suid-Afrikaanse burgers op grond van hul ras. Dit is ongrondwetlik en teenstrydig met die doel om nasionale versoening te bereik.”

De Klerk sê die land het nog nie behoorlike opvoeding of poste vir sy mense beskikbaar gestel nie. “Dit is tyd vir ʼn ernstige gesprek tussen die regering en almal wat deur sy weergawe van transformasie geteiken word, soos die boere, die media, burgerlikesamelewingsorganisasies en klein en groot ondernemings. Ons het nog net ʼn baie klein persentasie van ons kinders van behoorlike opvoeding voorsien,” het hy gesê.

De Klerk meen Suid-Afrika is nou nog meer verdeeld en ongelyk as in 1994. “Die regering se beleide om gelykheid te bevorder het gefaal. Die begunstigdes van regstellende aksie en swart bemagtiging is die opkomende swart middelklas en elite – en nie die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners wat werklik benadeel is nie.”

Hy stem in dat die ANC sedert 1994 merkwaardige suksesse behaal het, insluitend drie en ʼn half miljoen nuwe huise, en die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie aan 80% van die bevolking, asook die maatskaplike toelaes aan meer as 16 miljoen mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Roeleen

LOL arme man is agter die klip… kom die nou eers agter! Daar het Duisende al die land verlaat hieroor!

Carlo Vos

Geagte Mnr De Klerk,

Hou asb. Jou Groot Bek! Veraaier!

As ek jy is verdwyn ek eerder soos stof. Jy is die Een wat geweet het wat gaan gebeur, maar agv. jou eie self verryking en persoonlike agendas het jy n Volk help uitverkoop. Jy het mense mislei weetend dat ons met die Vyhand te doen het.

Jy en Al Jou Gesuis Sal Eendag Daarvoor Rekenskap Gee!

Carlo Vos

Chris

My Oompie, toe ons as destydse Staandemag Militere Attache’s aan julle dit vertel het, is ons summier stllgemaak, onthou jy? Ons was gese dat ons “onversoenend” optree. En nou?????
Nou sit ons almal sonder werk en word vertel dat ons destyds eintlik reg was? Sieklik meneer!

Piet Kotze

In alle mooiheid wil ek net graag aan Mnr de Klerk vra of hy nou wol gesig koop by die MILJOENE BLANKES wat hy op die verkeerde pad gelei het. Ek hoop werklik dat God jou sal vergewe vir wat jy aan hierdie volk gedoen het. Ek het gelukkig NEE gestem in die referendum. Dit wat huidig aan die gang is, is niks in vergelyking met wat kom nie. Lees net die heel laaste sin in die laaste vers van die boek Sagaria. Mnr de Klerk, dit is die antwoord op alles. Nie eers God gaan hulle aan die einde… Lees meer »

Piet Kotze

Mnr de Klerk. Hier is die vers in die bybel wat jy moet lees. Ek plaas dit ook vir Roelf Meyer, Pik Botha en jou ander eertydse kollegas om te lees: Sagaria14 vers 21. Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die Here van die leerskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in die dag sal daar geen Kaananiet in die huis van die Here van die leerskare meer wees nie. Ek is nie sarkasties nie, maar kry asb iemand wat jou kan vertel wat ‘n Kaananiet… Lees meer »