De Klerk beskuldig ANC van diskriminasie

Oud-pres. FW de Klerk

Oud-pres. FW de Klerk

Oud-president FW de Klerk het Vrydag gesê die ANC diskrimineer teen mense gebaseer op hulle ras.

“Ons is nooit oor die ANC se benadering tot transformasie gekonsulteer nie en ons aanvaar dit nie,” het De Klerk tydens ʼn toespraak in Kaapstad, om 20 jaar van demokrasie te vier, gesê. “Hierdie beleide, in die ANC se sogenaamde tweede fase van transformasie, is gerig teen Suid-Afrikaanse burgers op grond van hul ras. Dit is ongrondwetlik en teenstrydig met die doel om nasionale versoening te bereik.”

De Klerk sê die land het nog nie behoorlike opvoeding of poste vir sy mense beskikbaar gestel nie. “Dit is tyd vir ʼn ernstige gesprek tussen die regering en almal wat deur sy weergawe van transformasie geteiken word, soos die boere, die media, burgerlikesamelewingsorganisasies en klein en groot ondernemings. Ons het nog net ʼn baie klein persentasie van ons kinders van behoorlike opvoeding voorsien,” het hy gesê.

De Klerk meen Suid-Afrika is nou nog meer verdeeld en ongelyk as in 1994. “Die regering se beleide om gelykheid te bevorder het gefaal. Die begunstigdes van regstellende aksie en swart bemagtiging is die opkomende swart middelklas en elite – en nie die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners wat werklik benadeel is nie.”

Hy stem in dat die ANC sedert 1994 merkwaardige suksesse behaal het, insluitend drie en ʼn half miljoen nuwe huise, en die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie aan 80% van die bevolking, asook die maatskaplike toelaes aan meer as 16 miljoen mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Roeleen ·

LOL arme man is agter die klip… kom die nou eers agter! Daar het Duisende al die land verlaat hieroor!

Carlo Vos ·

Geagte Mnr De Klerk,

Hou asb. Jou Groot Bek! Veraaier!

As ek jy is verdwyn ek eerder soos stof. Jy is die Een wat geweet het wat gaan gebeur, maar agv. jou eie self verryking en persoonlike agendas het jy n Volk help uitverkoop. Jy het mense mislei weetend dat ons met die Vyhand te doen het.

Jy en Al Jou Gesuis Sal Eendag Daarvoor Rekenskap Gee!

Carlo Vos

Chris ·

My Oompie, toe ons as destydse Staandemag Militere Attache’s aan julle dit vertel het, is ons summier stllgemaak, onthou jy? Ons was gese dat ons “onversoenend” optree. En nou?????
Nou sit ons almal sonder werk en word vertel dat ons destyds eintlik reg was? Sieklik meneer!

Piet Kotze ·

In alle mooiheid wil ek net graag aan Mnr de Klerk vra of hy nou wol gesig koop by die MILJOENE BLANKES wat hy op die verkeerde pad gelei het. Ek hoop werklik dat God jou sal vergewe vir wat jy aan hierdie volk gedoen het. Ek het gelukkig NEE gestem in die referendum. Dit wat huidig aan die gang is, is niks in vergelyking met wat kom nie. Lees net die heel laaste sin in die laaste vers van die boek Sagaria. Mnr de Klerk, dit is die antwoord op alles. Nie eers God gaan hulle aan die einde toelaat in sy stad nie. Ek sal werklik op my kniee gaan en bid dat die Here my sal lei om jou ook te vergewe. LEES asb net daardie versie en dan antwoord jy jou volk soos ‘n man. Andersins sal jy die bespotting van jou volk bly, wat jy huidig is. (Ek het jou geruime tyd gelede uitgenooi op Facebook) Piet Kotze

Piet Kotze ·

Mnr de Klerk. Hier is die vers in die bybel wat jy moet lees. Ek plaas dit ook vir Roelf Meyer, Pik Botha en jou ander eertydse kollegas om te lees: Sagaria14 vers 21. Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die Here van die leerskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in die dag sal daar geen Kaananiet in die huis van die Here van die leerskare meer wees nie. Ek is nie sarkasties nie, maar kry asb iemand wat jou kan vertel wat ‘n Kaananiet is. Moontlik sal jy dan verstaan hoe groot die fout is wat jy gemaak het. So nooi ek jou dan ook uit om my op hierdie forum te antwoord. Kry vir Roelf om jou te help. Piet Kotze.

Dan ·

de Klerk het lank geneem om ‘n besef te vorm van die skreiende diskriminasie wat in sy NSA aan die gang is. Nogal vreemd van ‘n man wat homself nog altyd voorhou as ‘n humanis en ‘n groot teenstander van diskriminasie. Hoe dan nou “mnr.” de Klerk? Wat het van jou en jou destydse trawante se mooi beloftes geword van die utopia in die NSA waar die Grondwet kwansuis sou waarborg dat diskriminasie nie sal plaasvind nie? Waar is jou sogenaamde wigte en teenwigte? Onthou jy hoe “slim” jy destyds was toe jy ten alle koste jou ideaal wou bereik om die blanke uit te lewer aan ‘n ander regering – toe jy vir elke beswaar en bekommernis ‘n klinkklare antwoord gehad het? Nou sit jy met ‘n mond vol tande en al wat jy kan voorstel is ‘n “gesprek”. Jy leef soos nog altyd in ‘n droomwêreld. Niks wat jy nou skielik eers begin besef is nuus vir die behoudende blanke nie – ons het reeds voor jou vrywillige oorgawe geweet wat voorlê en wat gaan kom. Jy en jou trawante was aanhoudend gewaarsku, maar in plaas daarvan om te luister het jy bloot voortgestoom om jou ideale te bereik en die waarskuwings in jou wysheid afgemaak as oudmodies en onvanpas. Twintig jaar later het jy skielik besware. Jou opmerkings maak huidiglik slegs indruk op ‘n (klein?) groep liberaliste en ‘n paar van jou volksgenote wat nog steeds dink jou utopiese NSA sal nog in wording kom. Die feit van die saak is dat die ANC regeer, kan maak soos hy wil, en jy kan niks daaraan doen nie. Jy en jou meelopers het hul heeltemal vrywilliglik in hierdie magsposisie geplaas. Of reken u steeds dat u die ANC by die stembus kan verslaan, soos u gepropageer het tydens die eerste “vrye” verkiesings?

Eben ·

FW de Klerk jy is die grootste verraaier in die geskiedenis van ons land. Ek gaan eerlik met jou wees ek het ‘ja’ gestem en ek is bitter spyt daaroor, nie dat dit n verskil sou maak. Daar is soveel verkiesings bedrog oor die wereld heen, moenie my vertel die NP het hom nie skuldig gemaak daaroor.

FW kan nie glo ons het jou vertrou …. en as jy mooi daaroor moet dink, jy kon jouslef ook nie vertrou waar jy eggebreek het en jou dierbare vrou gelos vir n griekse vrou. Sies man. Glo ons sal bietjie respek kry vir jou (alhoewel moeilik) as jy die dag opstaan en sê jy is jammer wat jy aan die mooi land gedoen het uit self verryking. Intussen hou jou mond en verdwyn net.

Ag foeitog ·

Sal ek maar se ” ai foeitog, julle is almal patete, julle dink nog steeds soos ET julle gebreinwash het.
Piet Kotze, lees weer jou Bybel meneer.

Dan ·

Aan Ag foeitog. Ek het al tevore in my lewe heelwat absurde kommentare deur ander skrywers gelees, maar jou “bydrae” is die kersie op die koek. En jy verwys na die ander as patete?! In welke klas reken jy moet jy geplaas word? Jy raak die grootste nonsens denkbaar kwyt.

Pierre ·

Wyle Mr Terreblance het jou sommer pienk frikkie genoem, hy het gese daar bestaan nie in ons
woordeskat n naam wat aan jou gekoppel kan word nie.

Ons boerevolk het nog nooit nodig gehad om verskoning te vra vir apartheid nie,ons klein wit volkie
was in elk geval baie meer veilig onder apartheid as nou of sien jy dit ook nie raak nie.
Apartheid was die enigste beskerming wat ons gehad het teen dieselde swartes vir wie jy ons
mooi besaafde skoon land voor gegee het.
Die vermetelheid wat jy he om te se die ANC het merkwaardigge suksesse behaal,met wie se geld ?
Wie dink jy wie betaal vir hierdie verniet huise,vrot riool water en al die ander verniet voordele.
Jy was seker lanklaas in n staatshospitaal,n hofgebou, of enige staats instansie,dis vrot man,” sies”
wat het jy aan hierdie volk gedoen wat alles opgebou het en behoorlik in stand gehou het.
Jy beskuldig die ANC van diskrimenasie,is jy simpel, hierdie swartes wat alles verniet wil he, het nog
nooit van ons gehou nie, nie eers van jou nie.
Ken jy die gesiedenis van hierdie land of hou jy jou net dom, daar was geen geboue,paaie, skole
hospitale of beskawing toe wit mense voet aan wal hier gesit het nie.
Daar was niks nie, en ons voorvaders het hulle nooit verhinder om hulle eie welstand te bevorder nie.
Ons kinders was veilig,kon in die strate speel,daar was skoon water,daar was goeie bassiese dienste, top skole en beskawing en jy staan op en se jammer vir apartheid.
Staan op soos n man en verdedig ons by al die lande met wie jy om die tafel gesit het toe julle die
land vir n terroris gegee het.
SE VIR DIE WERELD KYK NA ONS, KYK HOE LYK DIT AS JY IEMAND UIT DIE TRONK UIT HAAL EN HOM N LAND LAAT REGEER.
Kyk hoe maak sy volgelinge ons mense dood
Kyk hoe roof en verkrag hulle
Kyk wat doen hulle met skoon water, paaie, hospitale, skole en alles wat die witman opgebou het
Kyk man ek DE KLERK het alles wat die wit mense in hierdie land besit het vir hulle gegee verniet,
en dan is daar nog restellende aksies teenoor die wittes,jy het dan alles vir hulle verniet gegee.
Apartheid was die enigste manier van beskerming vir die witman of glo jy dit was n sonde om
ons self te beskerm teen hierdie barbaarse moorde.
Wat het van die buurstate geword wat verniet aan hulle gegee was. Jy ken al die antwoorde maar
jy is te veel van n lafaard om te erken dat jy dit alles gedoen het vir geld.
Om n volk van GOD te oorhandig aan sy vyand en dag vir dag te laat uitmoor is sekerlik n griewel
in die oe van die SKEPPER, en sal sekerlik nie ongetraf verbygaan nie.
En al waarvan jy die ANC beskuldig is diskriminasie, wat van korrupsie,die ineerstorting van alles
waaroor hulle beheer het.

Daar is n mooi liedjie wat Wicus van der merwe geskryf het, gaan luister hom,pas nogal by jou
kan nie al die woorde onthou nie, dit se iets soos ; ek hoop jy tel n siekte op : ek hoop jou geld
raak op:ek hoop die tandarts trek die verkeerde tand: ek hoop jy raak verslaaf aan dop en nog
meer, laat mens nogal dink aan jou.

Pierre

Garath de Kock ·

Mnre de Klerk, Meyer, Botha en Wessels het nie net ‘n probleem vir die blanke geskep nie, maar ook vir al die volke van Suid Afrika. Watter volk swart, bruin, wit of indiër is beter daaraan toe nou as voor 1994?. In my opinie nie een nie. Waar het die here gedink gaan al die Burgemeesters, Munisipale bestuurders, Staatsamptenare, ingenieurs, nasionale ministers ens ens ens vandaan kom? Het hulle verseker dat die verandering in Suid Afrika gekontroleerd plaasvind? Die here is mos geleerde mense met common sense. EK sê nie dat verandering nie moes plaasvind nie. Ek glo ons almal weet dit moes. Maar die proses van verandering wat die here toegelaat het om ongekontroleerd plaas te vind, is ‘n sonde teenoor al die mense van Suid Afrika. Hulle sal daarvoor verantwoording moet doen. ‘n Hele nasie is op ‘n afwaartse glybaan. Gaan hulle iets daaraan doen? Laaste punt: Hoeveel van hulle is of was ANC lede? Ek soek nie konfrontasie nie, maar het ‘n wesenlike bekommernis oor ons toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.