De Klerk ook in hospitaal

FW de Klerk

Oud-president FW de Klerk word Dinsdag in ʼn hospitaal in Parow, Kaapstad, opgeneem, berig Beeld.

Volgens die berig word De Klerk opgeneem om ’n pasaangeër te kry. De Klerk het Maandag aan die koerant bevestig dat hy die operasie moet ondergaan en dat hy na verwagting Woensdag reeds ontslaan gaan word.

De Klerk en sy vrou, Elita, het oor die naweek teruggekeer na hul huis in Kaapstad nadat hy tydens ʼn besoek aan Europa lighoofdigheid ervaar het.

De Klerk, wat in 1993 die Nobelprys vir vrede met oud-pres. Nelson Mandela gedeel het vir sy rol in die afskaffing van apartheid, het steeds ’n besige program en tree wêreldwyd as gasspreker op.

Volgens kennisse het De Klerk Maandagaand gesond gelyk nadat hy sewe jaar gelede twee groot gesondheidskrisisse beleef het. Die voormalige staatshoof moes in Junie 2006 ʼn operasie ondergaan om twee kwaadaardige nodusse van sy kolon te verwyder.

Hy het kort na die operasie ernstige longinfeksie ontwikkel, maar het ten volle herstel.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Sterkte aan mnr. De Klerk en sy familie, julle is in ons gebede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.