De Klerk se operasie ʼn sukses

Oud-pres. FW de Klerk

Die operasie wat oud-president FW de Klerk Dinsdag ondergaan het om ʼn pasaangeër te kry, was ʼn sukses.

Die FW de Klerk-stigting het Dinsdag bevestig die prosedure was suksesvol en dat dit “goed gaan” met De Klerk.

Die stigting het gesê dit is standaard praktyk dat ʼn mens wat so operasie ondergaan het ʼn aand in die hospitaal spandeer en dat De Klerk na verwagting Woensdag ontslaan sal word.

Die stigting het Suid-Afrikaners bedank vir hul goeie wense en boodskappe van ondersteuning. Die 77-jarige staatsman is by Panorama-hospitaal in Kaapstad geopereer. Die stigting het die hospitaal se “uitstekende mediese span” ook bedank.

President Jacob Zuma het De Klerk Dinsdag ‘n spoedige herstel toegewens.

Lees ook:
De Klerk ook in hospitaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.