De Klerk sê ook Zuma moet ophou om apartheid te blameer

Oud pres. FW de Klerk

Suid-Afrika se laaste apartheidpresident, FW de Klerk, het Vrydag president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy apartheid as verskoning vir die regering se flaters gebruik.

De Klerk (77) het in ʼn verklaring gesê die regering faal veral daarin om werkloosheid en onderwys aan te spreek. “Pogings om hierdie mislukkings op apartheid te blameer gaan net verdeling in die regering en publiek bring, in stede daarvan om dringende oplossings vir die groeiende sosiale probleme te vind,” het hy gesê. De Klerk het gewaarsku dat die president se uitlatings net onnodige rassespanning aanwakker.

Hy sê voorts Zuma speel ʼn gevaarlike speletjie met sulke uitlatings, want dit maak blankes die sondebokke vir die president se mislukkings. Hy sê ook hoewel daar in die apartheidsjare ʼn ongelyke samelewing was, daar steeds ná 19 jaar van demokrasie hoë vlakke van ongelykheid heers, en dit kan slegs op die regering blameer word.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Weet Zuma se linkerhand wat die linkerhand doen?
Nuuskommentaar: Zuma vs. Manuel – Apartheid en bakhandoorerflikheid
Zuma kap Manuel oor apartheid-uitlating
Nuuskommentaar: Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel
Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel
Nuuskommentaar: Apartheid se skuld
Zuma blameer geweld op apartheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miss Knysna ·

Mr. de Klerk, what an intellegent gentleman. You are sorely missed even after so many years. Our Mr. Prez has no idea how to rule this beautiful country and how to speak in public. He and his comrades inherited a rich well run country and now its all falling apart due to their laziness. He covers all their mistakes by blaming apartheid. What a moron.

Leon ·

Apartheid was wonderlike tye vir swart, bruin en wit. Amal was beter daaran toe onder die wonderlike sisteem. Die enigste mense wat nie van apartheid gehou het nie was die klomp Noorderlinge wat apartheid uit die land gehou het met ordentlike grensbewaking en die “exiles” wat hulle self vandag in die parlement bevind en rykdom opgaar ten spyte van 40 miljoen mede SAners. As daar meer mense is SA is as 40m is dit omdat daar sekerlik 20 miljoen onwettige immigrante is agv zero grensbewaking (sg. Parasiete). Groete uit Australia waar apartheid nooit was nie maar ‘n veel ergere ding… die grootslaalse voor-die-voet uitroeiing van inheemse mense (wat nooit onder apartheid gebeur het nie)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.