De Kock se paroolaansoek oorweeg

Eugene de Kock

Eugene de Kock

Sbu Ndebele, minister van korrektiewe dienste, oorweeg die paroolaansoeke van verskeie gevangenes, insluitend dié van Eugene de Kock, het die Saturday Star berig.

Ndebele se woordvoerder, Manelisi Wolela, wou nie kommentaar lewer of De Kock se aansoek al goedgekeur is nie. “Die minister het oor die afgelope paar maande honderde gevangenes, wat lewenslange tronkstraf opgelê is, se paroolaansoeke oorweeg. De Kock se aansoek is hierby ingesluit,” het Wolela aan die koerant gesê.

De Kock het hom weens sy gruweldade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering. Hy is ʼn week voor Nelson Mandela se inhuldiging as president in 1994 in hegtenis geneem vir die afsterwe van talle anti-apartheidsaktiviste. Hy is in 1996 tot 212 jaar tronkstraf gevonnis.

De Kock het in sy aansoek aangevoer hy het 17 jaar van sy vonnis uitgedien en kom nou in aanmerking van parool. “Ek is die enigste lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat ʼn vonnis uitdien vir misdade wat ek as deel van die Nasionale Party se poging om apartheid te volhou en vryheidsbewegings teen te staan, gepleeg het,” het De Kock gesê. “Nie een van die vorige generaals of ministers wat tot 1990 in die kabinet was, is vervolg nie. Ek sou nooit die misdade gepleeg het as dit nie was vir die politieke konteks, of die posisie waarin ek geplaas is, of die bevele wat ek ontvang het nie.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Dit is maar net verstommrnend dat Eugene aldie jare sit, agnee dit druis teen alle regsbeginsels in. Die WVK was regtig ‘n klug. Ek voel wat vir die een geld behoort ook vir die ander te geld. Dit is al hoe ons hierdie gebroke land gaan herstel.

Eugenie ·

Aanhouer wen Eugene!

Ek hoop regtig jy word nou uiteindelik vrygelaat.

Grassie ·

Ek dink nie die regering sal hom vrylaat nie – die haat loop te diep. Die hele aangeleentheid is vir my `n skreiende skande. Sien dit so – iemand skiet `n ander persoon met `n pistool. Nou kom die regstelsel en haal al sy woede op die pistool uit, maar los die persoon wat die sneller getrek het uit. De Kock was maar net die pistool. Ons land was daardie tyd in `n toestand van lae intensiteit oorlog gewikkel. De kock en Kie was in `n stryd teen hulle werklike vyand gewikkel en het nie bomme in openbare plekke soos winkels en klubs (soos Magoos Bar) laat afgaan waarin onskuldige mense, ook kinders, beseer en gedood is nie. Wie is nou regtig die ware Prime Evils?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.