De Kock vra om vergifnis

Eugene de Kock

Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock, het om vergifnis gevra van die familie van die Johannesburgse prokureur, Bheki Mlangeni, wat in 1991 in ʼn bomontploffing dood is.

The Star berig dat De Kock ʼn brief geskryf het aan Mlangeni se gesin. “…Dit sal so baie vir my beteken indien julle my kan vergewe, maar dit kan nie die pyn wegvat wat ek veroorsaak het nie. Indien julle voel dit kan help met julle pyn en hartseer, kan julle my in die tronk besoek.” Die brief kom nadat Mlangeni se ma, Catherine, aangehaal is waar sy glo gesê het De Kock moet in die tronk vergaan. Mlangeni se 80-jarige ma sê De Kock moet nie op parool vrygelaat word nie aangesien hy nooit berou getoon het oor sy dade nie en nooit die familie genader het om vergifnis nie. “Hoekom wil hy nou na so ʼn lang tyd om verskoning vra…Ek is nie seker of hy opreg is nie…Waarvoor het hy gewag die hele tyd?”, het Catherine gevra toe sy uitgevind het van De Kock se wens om met haar te ontmoet. De Kock kom in aanmerking vir parool aangesien nuwe wetgewing bepaal dat gevangenes wat voor ­1 Oktober 2004 lewenslange tronkstraf gekry het, mag aansoek doen om parool nadat hulle 13 jaar en 4 maande uitgedien het. Die departement van korrektiewe dienste het egter bevestig dat De Kock se Desember-paroolverhoor onbepaald uitgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.