De Lille sal toiletprobleem aanspreek

Patricia De Lille. Foto: www.capetown.gov.za

Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, gaan Woensdag ‘n perskonferensie hou om oor die stad se sanitasie-verwante kwessies te praat.

Die stad Kaapstad het Dinsdagaand in ʼn verklaring gesê dié konferensie vorm deel van die stad se verbintenis tot deursigtigheid en om gehaltedienslewering aan al sy inwoners te voorsien. De Lille sal na verwagting terugvoer gee oor die uitfasering van die stad se mobiele spoeltoilette.

Die konferensie volg ʼn dag nadat ‘n groep mense in Khayelitsha menslike ontlasting na ‘n bus gegooi het waarin Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, en ander op pad na ‘n geleentheid oor ‘n groen ekonomie gery het.

“Tydens die Wes-Kaapse regering se geleentheid vir die “110% groen”-veldtog, het sommige lede van die ANC-jeugliga buite betoog,” het Zak Mbhele, woordvoerder vir Zille, gesê. Hy sê menslike ontlasting is na die bus en sommige voertuie buite die gebou gegooi. Die polisie wat buite die gebou gestasioneer was, het die bende met traangas verjaag.

Twee mans het ook Maandag menslike uitskot op die trappe voor die Wes-Kaapse wetgewer gestort in ‘n betoging oor die mobiele toilette. Loyiso Nkohla, ANC-raadslid en jeugligalid, en Andile Lili, voormalige ANC-raadslid en verbande jeugligalid, het aan die Cape Argus gesê dit is ‘n “waarskuwing van wat kom”. “Ons sal volgende week met duisende van hierdie emmers terugkeer en hulle rondom die wetgewer uitkeer. Ons is reg om in hegtenis geneem te word en sal hiervoor sterf,” het Lili gesê.

Lees ook:
Ontlasting na Zille se bus gegooi
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Betogers blok N2-hoofweg
De Lille: Sommiges verkies emmertoilette
Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Oooo, die kakkaboy het die nooi met die kakemmer gagooi…
Imagine watse drol moet jy wees om ‘n emmer stront al die pad te dra sodat jy kan wys watter dreksel jy is. Wat staan nog om dit na iemand anders te gooi!
Die vloeke is seker baie beter gewoond daar waar hulle uitgekruip het om die beskawing te kom besoedel.! Maar eintlik gun ek die DA wat hulle nou maai. Hulle was mos al die jare groot anti-blank, anti-Afrikanerstryders, teen die mense wat hulle van veiligheid, ekonomiese voorspoed, wet en orde voorsien het – so hulle pluk nou die vrug van hulle stryd.

Dit wat die boosaards doen kom nie eers in mense se koppe nie, watstaan nog dit uit te voer. Veragtelik! Walglik, boos.
Ek dink die vloeke moet forseer word om dit skoon te maak. Sommer met hulle eie klere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.