De Lille se handsak gesteel

Patricia de Lille

Patricia de Lille

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se handsak is Oukersaand tydens ʼn gryp-en-spaander-aanval uit haar motor gesteel.

“Die oortreders het my motorruit gebreek en my handsak gegryp wat op die vloer aan die passasierskant van die motor gestaan het,” het De Lille in ʼn verklaring gesê.

Sy het Dinsdagaand op die hoek van die N2 en Vanguard-rylaan by ʼn verkeerslig stilgehou toe die voorval plaasgevind het. “Buiten die ongerief dat my geld, selfoon en ander waardevolle items gesteel is, is ek geskok oor dié kriminele daad.”

De Lille sê sy wil dié “ongelukkige geleentheid” gebruik om motoriste te waarsku om op hul hoede te wees wanneer hulle tydens die feesgety reis. “Maak seker dat jou waardevolle items buite sig is, wees altyd bewus van jou omgewing en hou jou deure gesluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Hierdie optrede gebeur daagliks, nie net gedurende die feesgety nie. Op die vloer is ‘n handsak steeds sigbaar.

“Join the club” Patricia !

Ons dames se “lewens” is in ons handsakke. Dit vat ‘n ewigheid om alles te vervang, die tyd, onkoste, ens. Sluit liewers alles toe in die kattebak.

Ria Maritz ·

… en die kat kom weer. Gawie, is dit swart katte, of wittes ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.