De Lille: Sommiges verkies emmertoilette

Betogings gedurende die toiletsage in Khayelitsha in 2011. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Sommige inwoners van Kaapstadse informele nedersettings verkies dit om emmertoilette te gebruik maar stadsamptenare sal voortgaan om soveel as moontlik spoeltoilette te installeer, het Patrice de Lille, burgemeester van Kaapstad, Sondag gesê.

De Lille sê sommige gemeenskapslede het aangedui dat hulle wil voortgaan om emmertoilette te gebruik. “In sommige gevalle het gemeenskappe die gebruik van mobiele spoeltoilette verwerp. Dit is jammer aangesien dit soms die enigste tegnologie is wat beskikbaar is.” De Lille sê daar is tans 958 emmertoilette wat deur die stad in stand gehou word en gediens word hoewel daar behoorlike plaasvervangers reg is om versprei te word. “Ons het tans sowat 12 500 mobiele spoeltoilette beskikbaar. Die eenhede sal nou verskaf word aan areas wat steeds die emmerstelsel gebruik.”

Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, het verlede week erken dat die departement nie daarin gaan slaag om meer as twee miljoen huishoudings met spoeltoilette te voorsien teen Desember 2014 nie. Sexwale het swak bestuur by munisipaliteite en ʼn gebrek aan fondse blameer as die rede waarom daar nie aan die spertyd voldoen gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.