De Villiers wil bedank as Bok-afrigter

Springbok-afrigter, Peter de Villiers. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Bok-afrigter Peter de Villiers het daarop gesinspeel dat hy as afrigter van die span wil bedank na hulle uit die wêreldbeker geskakel is deur Australië, berig SAPA.

De Villiers het sy tyd as afrigter as ‘n ongelooflike reis beskryf. Hy het egter bygevoeg dat daar ‘n “tyd is om te kom en ‘n tyd is om te gaan” en dat die reis vir hom verby is. Die Wallabies het die Springbokke met 11-9 geklop om deur te dring na die halfeindronde van die wêreldbeker. “Om met mense soos die saam te werk, wat passievol is oor hulle land en wat altyd hulle lywe op die spel sit en probeer om hoop te bring vir mense….dit was regtig ongelooflik om saam met hulle te werk”.

De Villiers het in 2007 die leisels by Jake White oorgeneem. Hy het die Bokke gelei tot ʼn 2-1 oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus in 2009. Die Bokke het dieselfde jaar die Drie Nasies-reeks gewen. Die Springbok-kaptein, John Smit, het De Villiers geloof vir sy bydrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.