De Villota ná afsterwe vereer by Grand Prix in Japan

Maria de Villota is Vrydag dood aangetref in haar hotelkamer in Spanje

Maria de Villota is Vrydag dood aangetref in haar hotelkamer in Spanje

Formule 1-bestuurders het Sondag eer betoon aan die voormalige Spaanse toetsbestuurder, Maria de Villota, wat Vrydag dood aangetref is in haar hotelkamer.

Die bestuurders het, onder leiding van wêreldkampioen Fernando Alonso, voor die aanvang van die Grand Prix in Suzuka, Japan, hul pette afgehaal en ‘n minuutlange stilte gehou. De Villota is dood aangetref in haar hotelkamer in Seville, Spanje.

‘n Nadoodse ondersoek het bevind dat die 33-jarige aan natuurlike oorsake gesterf het. Sy het in 2012, as toetsbestuurder vir die Marussia-span, haar regteroog tydens ‘n ongeluk verloor. Dokters in Spanje het gesê die erge kopbeserings wat sy in dié ongeluk opgedoen het, het moontlik tot haar dood bygedra.

Sy was die eerste Spaanse vrou om aan dié motorsport deel te neem. Haar pa was die voormalige Formule 1-bestuurder, Emilio de Villota.

Fernando Alonso, wat die wêreldkampioenskap al twee keer gewen het, het gesê hy was geskok toe hy van haar afsterwe te hore gekom het. “Dit is baie hartseer nuus vir die wêreld van motorsport, aangesien almal baie lief was vir Maria,” het dié Ferrari-bestuurder gesê.

Die F1 Grand Prix bestuurdersvereniging (GPDA) het ook besluit dat die podium in Suzuka ter herinnering aan De Villota toegewy sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.