Debat oor Puk-groet: ʼn G*tslag vir Afrikaans?

Foto: @adriaanbasson, Twitter

Foto: @adriaanbasson, Twitter

ʼn Groot debat het Vrydag op sosiale media ontstaan nadat Beeld in ʼn voorblad-artikel berig het oor ʼn studentegroet wat deur studente op Noordwes-Universiteit (NWU) se Puk-kampus in Potchefstroom gebruik word.

“Die Beeld het vanoggend darem ‘n slag geslaan vir Afrikaans – ʼn gatslag,” skryf Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging. “Die Beeld-redakteur gebruik die belaglike bewering dat die Puk ‘n Nazi-kultuur bedryf as ‘n verskoning om Afrikaans op die Potch-kampus te probeer nek omdraai. Daarmee gee hulle aan die SAKP-leier en minister van hoër onderwys die lank begeerde knuppel om die Puk met staatsmag te ‘transformeer’, en so die enigste oorblywende kampus waar Afrikaans as akademiese taal nog veilig is, te verengels. Die vraag is of dit die Beeld-redakteur se doel was, en of dit net die maklik voorsienbare gevolg van sy venynige optrede is?”

Adriaan Basson, redakteur van Beeld, noem op sy Twitter-rekening dié studentegroet ʼn “Nazi-saluut”. Hy haal Wikipedia aan: “Wikipedia: Use of this (Nazi) salute is currently a criminal offense in Germany, Austria and the Czech Republic.”

Buys sê egter om “simpel studentesalute wat niks met Hitler te doen het nie” nou so totaal uit verband te ruk, vergelyk goed met die taktiek wat die Nazi’s van ouds gebruik het om hulle vyande te diskrediteer. “Om ‘n span joernaliste in die geheim Puk toe te stuur om op onskuldige studente te spioeneer, is laag en gemeen,” het hy bygevoeg.

Buys is bekommerd dat dié uitlatings die toekoms van Afrikaans op die Puk kan raak. “Die prys van ‘n redakteur se persoonlike agenda en vendetta kan die toekoms van die laaste Afrikaanse kampus wees. Sy veldtog lyk meer na ‘n misplaaste poging om die koerant se dalende sirkulasie te verbeter as om menseregte-vergrype te ontbloot. Die ontoepaslike ‘salute’ is lankal gestop, al het dit geen verband met ‘n mal diktator gehad waarvan die jong studente niks weet nie. Geen erkenning word ook aan die rektor se sterk optrede teen wanpraktyke tydens ontgroening gegee nie. Om nou dr. Theuns Eloff [vise-kanselier van die Puk] se bewese rekord so te probeer beswadder deur ‘n haatveldtog teen die Puk te voer, is sekerlik die laagste laagtepunt ooit van die Afrikaanse joernalistiek.”

Basson het in reaksie hierop op Twitter geskryf: “Flip Buys dink blykbaar mens kan Afrikaans “red” met ‘n Nazi-saluut. Soveel denkfoute in sy reaksie.” Hy het later op Twitter aan Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, bevestig hy sal in sy Maandag-rubriek in Beeld puntsgewys op Buys se reaksie kommentaar lewer.

Intussen het oud-Pukke, huidige studente van die Puk, dosente en ander Afrikaanssprekendes met groot entoesiasme op sosiale media aan die debat begin deelneem. Carla Mouton, nuusredakteur van PUKfm [die kampusradiostasie] en student aan die Puk, het op haar Facebook-blad geskryf: “Dit is baie interessant dat ‘heil’ ʼn toewensing van goeie gesondheid beteken (sal dit onthou die volgende keer wat ek ‘bless you’ sê as iemand langs my in die klas nies). Dit is interessant dat die sogenaamde Nazi-gebaar ʼn Romeinse afkoms het, en nie in Duitsland ontstaan het nie.” Mouton skryf verder: “En laastens is dit interessant hoe die waghonde skielik die wolwe word.”

Die Puk het Vrydag ʼn dringende massavergadering met die studente belê waar die studente deur prof. Rickus Fick, studentedekaan, en Janco Jordaan, voorsitter van die Studenteraad, toegespreek is. Honderde studente het glo vir die vergadering opgedaag, al was dit op kort kennisgewing.

Volgens Fick het die kwessie oor die studentegroet “sy einde gevind” toe ʼn dosent dit aan die rektor bekend gemaak het. Fick sê die primarii is reeds tydens ʼn vorige vergadering ingelig dat die groet aanstoot kan gee.

Herman van Schalkwyk, rektor, het Vrydagoggend reeds onvoorwaardelik om verskoning gevra en was die eerste persoon om kommentaar te lewer op Beeld se berig. “NWU-studente van die Potchefstroomkampus word hier uitgebeeld waar hulle as deel van ʼn koshuisgroet, of primgroet, ʼn gebaar uitvoer wat herinner aan die saluut van Nazi-Duitsland,” het Van Schalkwyk geskryf. Volgens hom het dit die eerste keer aan die einde van 2013 onder sy aandag gekom. “Die studentedekaan het op my versoek dadelik ‘n vergadering belê met die studenteleiers om aan hulle te verduidelik hoe hierdie groete geïnterpreteer kan word en dat dit dadelik gestaak moet word. Alle foto’s en video’s van die praktyk moes ook verwyder word. ʼn Week later het ek dit self opgevolg met ‘n soortgelyke boodskap aan alle primarii en koshuisouers.

“Hoewel die betrokke studente my verseker het dat dit nie hulle bedoeling was nie, weet en verstaan ons dat hierdie onnadenkende en oningeligte handeling van ons studente kwetsend kan wees,” het Van Schalkwyk bygevoeg. Klik hier om meer te lees.

Jordaan het Vrydagoggend tydens die massavergadering op die kampus bevestig dat dié gebare nie weer op die kampus geduld sal word nie, het PUKfm op sy Twitter-blad berig. “Ons moet krities dink oor ons optrede. Geen optrede wat aanstoot gee kan ons voortsit of goedkeur nie,” het Jordaan bygevoeg. “Raak deel van die gesprek, want dit is oor ons as studente waarvan hulle praat.”

Beeld het Vrydag ʼn artikel publiseer waarin hulle dit “onomwonde” stel dat die koerant nié ’n agenda teen die Puk het nie. “Ons volg ook niemand anders se agenda na nie. Ons besigheid is joernalistiek. Ons nuussin en die openbare belang lei ons na plekke waar nuuswaardige dinge gebeur,” lui die berig. “Vandag publiseer ons foto’s van Pukke wat die ‘Sieg Heil’-Nazi-saluut gee op kampus. Dit is ’n jare lange tradisie wat tot ’n paar weke gelede nog voorgekom het. Dit is nuuswaardig. Enigiemand met die kleinste begrip van die geskiedenis sal weet dat dit onaanvaarbaar is om die Nazi-saluut in die openbaar te wys. Internasionaal word studente, sportsterre en bekendes wat dit wys verguis, afgedank en selfs tronk toe gestuur.” Klik hier om meer te lees.

Terwyl die storm woed het studente en oud-studente hulself Vrydag op Twitter met die hutssleutels #PUKtradisies en selfs #heilPuk vermaak. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Fanie van Heerden ·

Adriaan Basson, redakteur van Beeld het sy panty bevuil.

Sarie ·

En wat van die swart mag vuis wat op kommunisme dui wat ook so mildelik deur sekere heilige ikone gebruik word. Die Nazi’s was skuldig aan baie misdade, maar ek sal graag wil sien dat hierdie meesters van die joernalistiek miskien eendag ‘n ondersoekende studie doen tussen Nazisme en Kommunisme en hulle sal verbaas wees watter een het die meeste skade in die wereld aangerig en rig nog steeds aan. Dis onskuldige studentepret en as ou prins Harry ‘n Nazi teken spottenderwys kan dra, kan hierdie studente seker ook. Nie verniet dat sekere mense die naspers koerante met die Russiese Prawda vergelyk nie. Hulle is erger as die ou Apartheids veiligheidspolisie – net baie dommer. Ek wag nog op ‘n volblad foto van mense wat tydens plaasmoorde gemartel word. Sal nie my asem ophou nie.

FREEK ·

Die “Heil” groet van die koshuise kom vanaf die Romeinse groet “Heil Ceasar”.
Baie koshuise het ook as leuse, ‘n Latynse spreuk. Is almal so oningelig en sensitief dat niemand dit kan raaksien nie. Al “Asterix” boekies gelees?. “Heil” en “Ave” kom gereeld voor met die saluut daarmee saam.
Ek verwag nie dat Adriaan Basson van Beeld hierdie algemene kennis het nie, maar wraggies, die oudstudente by PUK moes dit tog geweet het?
Indien ek nog student was, het ek Beeld Hof toe geneem omdat hy hierdie groet koppel aan die Nazi Saluut. .

Louis Marais ·

Adriaan Basson is niks wie gee hom die reg om hierdie beskuldegings te maak, hy moet afgedank word, en ek as betaalde lid van AfriForum vra dat daar ‘n petisie geloods moet word om hierdie man van sy pos te verwyder. Hy het groot kop geword en dit is tyd dat sy bubble vir hom gebars word, hy is heeltemal uit gevoel uit met Afrikanerskap en Afrikaans.

Jasper ·

Adriaan Basson moet eerder meer konsentreer op die skade wat swart studente jaarliks aan kampusse aanrig. Ek maak nie eers meer my braairooster met sy groep se koerante skoon nie.

Hendrik ·

Wat op dees aarde het Beeld hiermee bereik? Ek hoop mense sien Beeld se anti-Afrikaner agenda en maak hom seer daar waar dit saak maak – stop om die vervlakste koerant te koop. Ek lees lankal nie meer Beeld nie. Dis tog duidelik dat Pukke nie hier Nazi agenda het nie. Of is Beeld se redakteur so oningelig en onnosel dat hy dit nie verstaan nie? Om Prof Theuns Eloff te probeer aanval en voor te gee dat daar een of ander hiper regse agenda op Pukke is, is absoluut belaglik. Lyk my Beeld is nou die lakei van die ANC, gedienstig om die Afrikaner af te kraak waar hy kan. Siessa Beeld!

Janine ·

Die foto soos in die bogenoemde artikel is geneem aan die einde van die saluut beweging, die spesifieke groet is ‘n weermag saluut…..van die voorkop en uit….
Die is glad nie ‘n Nazi-saluut nie…

Konteks maak ‘n groot verskil…

kobus ·

Ek kan net se dankie vir die internet om die regte nuus te verkry…hoekom merge die afrikaanse koerante nie maar met New Age en kry klaar nie..ek het met Volksblad,Beeld en Rapport groot geword maar sal om die dood toe nie een van die ANC propaganda koerante koop nie?

Curtis Knight ·

“die skade wat swart studente jaarliks aan kampusse aanrig”

Asof ander studente dit nie doen nie, hou op kak praat en wees meer konstrukief oor die saak. Jou rassistiese opmerke gaan jou nêrens bring nie.

Paul ·

Curtis, Jou politieke korrektheid maak jou heeltemal blind en jou publieke taalgebruik stink. Die ouens wat breek en verniel is nie die blanke studente nie. Ons blanke studente het nie ‘n vernietigingskultuur of behoefte nie. Gaan kyk maar waar die vakbonde betoog hoe lyk die skade en die betogers is nie wit nie.

Eloise ·

Meneer jy maak n groot fout, n baie groot een. Ek dink jy sal geskok wees. Is al vir sewentien jaar in die club bedryf. Vandalisme van wit studente was nog nooit so erg soos nou nie

Eloise ·

Wil ook sè dat dit landswyd is. Nie een spesifieke universiteit se studente nie, maar Suid Afrika sin. Die wit kinders voel uitgespoeg, en ongelukkig is vandalisme n spreekbuis.

Paul ·

Eloise, As dit wat jy vertel waar is, dan het dinge vir ons volkie se kinders erg skeef geloop. Ek het dit egter nog nooit gesien nie en as ek verkeerd is, jammer.

Johannes Froneman ·

Berigte en foto’s waarin gebruike op die Pukkampus aan die lig gebring is, het ‘n klomp misplaasde, soms beledigende kommentaar jeens Beeld ontlok. Beeld se redakteur kan self sy man staan en daarop reageer.

Intussen ‘n paar opmerkings van iemand wat 100% pro-Afrikaans en pro-Puk is, maar terselfdertyd 100% gekant is teen enige praktyke wat studente psigies of fisiek teister, of wat enigeen doelbewus of onnadenkend aanstoot gee.

Die suggestie dat mense wat kritiek uitspreek teen onheilige praktyke dislojaal is of kwade bedoelings het jeens die Puk (en Afrikaans) is onsinnig. Natuurlik mag daar mense wees wat ons op die Puk wil bykom, maar ek ontken ten sterkste dat ek en my kollegas by die Puk wat die afgelope maande by herhaling gewaarsku het dat hierdie bom gaan bars, die inrigting skade wou berokken.

Ons het juis gewaarsku dat hierdie praktyke (van simpel salute tot afknouery tot gevloek en geskreeu) nie deel kan wees van die kultuur waarop ons trots moet wees nie. As dit die tradisies is wat Afriforum Jeug of wie ook al wil beskerm, trek hulle juis die mat weg onder die voete van die rektor, wat op rekord is dat hy die kultuur wil verander.

Daar is ‘n kopskuif nodig, aldus die rektor. Hy is so reg. Daarom moet skoongemaak word. Wil hy dan ook die Puk “vernietig”? Natuurlik nie.

Onderskei dus asseblief tussen skoonmaak van wanpraktyke en die beskerming van ‘n gesonde Afrikaanse kultuur wat plek laat vir meningsverskille. Want dit is op die ou einde wat ‘n ordentlike universiteit moet doen.

Hou dus in hemelsnaam op om kritiek te sien as aanvalle. Behalwe as jy regtig ‘n kultuur van onderdrukking en geboelie wil goedpraat. Maar dan moet jy tog die moed hê om openlik so te sê.

Afrikanerbul ·

Kom ons los die ontgroening net vir ‘n oomblik want ek stem dalk grootliks met jou saam.
Kom ons praat oor die foto:

Ten eerste as mens na die video kyk is dit duidelik nie Nazizme nie. Daar is geen ondertone nie en dit is lekker gesing waaraan swart en wit studente deelneem. (Ek verbeel my een van die swart studente is ‘n voorsanger.)

Daar moet darem ‘n nexus wees tussen die liedjies en ‘n Nazi saluut. Ek kry geen so nexus nie.

Dit lyk nie eens soos ‘n saluut nie. Omdat dit met ‘n bietjie verbeelding soos ‘n Nazi saluut lyk maak dit dan nou ‘n Nazi saluut? Beslis nie.

KYK NA DIE LIEDJIE EN DANSPASSIES IN KONTEKS. DIT HET NIKS MET NAZIS TE DOEN NIE. PUNT. Mense moenie die waarheid verdraai net om ‘n stok te kry om die hond te slaan nie.

Hier is ‘n ander perspektief: Veronderstel dit is wel ‘n Nazi saluut: Hoekom kan dit nie as ‘n GESPOTTERY MET HITLER GESIEN WORD NIE??. As ek daarna kyk lyk dit vir my eerder na ‘n gespot as ‘n vereenselwiging met Nazisme.maar ek glo nie eers dat dit hoegenaamd in daai kinders se koppe was nie.

Moenie die duiwel soek waar hy nie is nie. ERGER: Moenie die duiwel plaas waar hy nie is nie.
Moenie Nazisme gebruik om ontgroening te straf nie. Jy verdraai die waarheid (‘n ander vorm van lieg) om jou goeie agenda te ondersteun.

Dis onlogies en oneties.

Buks Duncker ·

Adriaan Basson praat uit twee monde. Enersyds sê hy hulle volg niemand se agenda nie en dat hul nuussin en die openbare belang hulle lei na nuuswaardigede. Hulle het dan heeltemal tereg oor die insident berig. En dan, andersyds en daarenteen, neem hy standpunt in as sou dit nou wêrelwyd onaanvaarbaar wees om soiets te doen. En hy vat sommer andere aan daaroor en Maandag gaan hy in sy koerant nog eiers lê. As joernalis behoort hy te weet dat ons Grondwet vir ons vryheid van spraak gee en dat die optrede van die studente nie teen enige wet kan wees nie. Nie eers hul rektor kan sodanige optrede verbied nie. Ek hou weer nie van ‘n gebalde vuis nie, en ons sien dit daagliks in protesoptogte van tot staatsamptenare en selfs by sportbyeenkomste. Selfs die “Kill the Boer” is verdedig deur die ANC tot in die hof as sou so ‘n drastiese haatspraak nie gestop moet word nie. Skoenmaker Basson, bepaal jou by jou lees(lesers)!

Wanda Wonder ·

As ek reg onthou was Mnr Buys mos ook by die Pukke… wonder of sy kindertjies ook daar is…. dalk die dat hy so te kere gaan oor die Pukke…. Wonder ook maar net….

Gerhard Kotze ·

Johannes Froneman, ek verskil van jou.

Ek wil so kort as moontlik n ander siening weergee.

Ek beskou myself as n liberale Afrikaner oor sosiale kwessies, maar ek is tog n vurige Afrikaner patriot.

Hiermee stem ek egter saam met jou: Daar is aktiwiteite wat my walg t.o.v ontgroening.

Die probleem is die konteks waarbinne hierdie “openbaringe” na die “ope” gebring word.

Jonathan Jansen en kie het al in die verlede menings uitgespreek oor die “sielkundige” afwykings van die Afrikaner student. In die onlangse verlede het Jansen et al op die Afrikaner se foute gehamer. Nog nooit,is n groep, die Afrikaner student, so gedisekteer soos wat die Afrikaner se psige geontleed word nie. Daar is blykbaar iets fout met die Afrikaner. Nie-Afrikaner praktyke op voormalige Afrikaanse kampusse waar die Kiosk geplunder word; studente met bierbottels gesteek word; en waar meisies met klippe gegooi word kry natuurlik nie soveel aftrekking in die media nie. Blykbaar is daar nie “sielkundig” iets verkeerd met nie-Afrikaner studente nie. Dit is n produk van die verlede en derhalwe nie so “ernstig” nie. Die Waterkloof-4, Reitz-geval an die onlangse “Nazi-saluut” is natuurlik olie op die vuur.

Adriaan Basson, van Beeld, is natuurlik geen engel nie. In plaas van om Julius Malema aan te val het Basson gekies om Afriforum aan te val. Ek was gekant teen Afriforum se hofsaak teen Malema. Dit is vanwee Afrikaner strategiese verskille wat nie hier van toepassing is nie. Ek en Basson verskil natuurlik van Afriforum weens verskillende redes. Ek plaas hieronder die misplaasde standpunte van Basson hieronder. Kallie se standpunte hou beslis meer water as Basson se standpunte.

Die problem ontstaan wanneer hierdie sogenoemde “Nazi-saluut”, n politieke speelbal word om die Afrikaner by te kom. Die Premier van Noordwes het reeds hierdie speelbal gebruik om polities munt vir die ANC te slaan. Op News24 lees ek van n swarte wat nou weer te velde trek teen die Afrikaner “rassiste”

U moet my maar reghelp t.o.v die saluut? Is dit rasisties of bloot studente wat n misplaaste persepsie van Nazi Duitsland? Is dit ooit n Nazi-saluut as sulks? Weet die studente ooit wat die saluut beteken? Die Engelse media het al klaar ook op die wa geklim sonder dat hulle die konteks van Afrikaner ontgroening verstaan. Jy sien, Adriaan Basson het nie saamgestem met die Malema geval nie, maar dit lyk egter of Basson n dubbelsinnige reaksie op die Malema saga enersyds en die “Nazi-saluut” andersyds het.

Jan Smuts, daardie groot Afrikaner, wat n bittereinder was gedurende die 2de Boere Oorlog, en toe later deur Afrikaner nasionaliste (waarvan sommiges joiners was) as verraaier uitgebrandmerk is het as pragmatis eenkeer opgemerk dat hy vir geregtigheid staan maar dat aan die einde die weste of europese kant sal kies as die moet. Ek kies na alles die Afrikaner se kant. Die Afrikaners soos Basson en kie wat dink hulle doen Afrikaners n guns moet weer besin. Hulle gee ander mense stokke om die Afrikaner te slaan.

Vlek met alle graagte wanpraktyke oop, maar as dit veroorsaak dat mense wat nie konteks verstaan nie die praktyke vir politiek gebruik dan slaan ek toe en dan skaar ek my agter die Afrikaner.

Ja, dit is simpel om die “saluut” te gebruik maar ek dink nie daardie student is Nazi’s nie……..maar hier kies ek Flip Buys se kant…

Pasop ook maar dat julle nie deur die ANC, DA en verloopte Afrikaners gebruik word om die Afrikaner te ondermyn nie.

http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71651?oid=260679&sn=Detail&pid=71651

http://www.news24.com/Columnists/GuestColumn/White-first-African-second-20110926

http://debat.maroelamedia.co.za/author/kalliekriel/

http://constitutionallyspeaking.co.za/why-define-myself-as-part-of-an-afrikaner-minority/

http://debat.maroelamedia.co.za/2011/10/01/basson-projekteer-vooroordele-teen-afrikaners-op-afriforum/

tom ·

die saluut is n ou romeinse legioen saluut wat duisende jare oud is. sal die gewone millitere saluut ook verban gewees het as die nazies dit eerder gebruik het? hierdie hele storie het n histeriese kabaal geword wat die joodse volksmoord saak baie skade aan doen.

Hendrik ·

Weet Adriaan Basson dat Wikipedia nie ‘n wetenskaplike bron is nie??? Vir al wat ons weet het hy daardie inligting gaan invul op Wikipedia…

Flip Buys ·

Vriende, ek sou nie vir Beeld se Basson aangeval het as hulle wanpraktyke ontbloot het nie. Dis ‘n koerant se werk as Waghond. Maar soos die Pukradio Nuusred skryf: die Waghond het ‘n Wolf geword. Ek het Beeld aangeval omdat hul die Kampus met ‘n Nazi-teerkwas smeer, wetende dat die (Kommunistiese) Minister dit sal misbruik om Afrikaans by te kom. Beeld voer ook ‘n veldtog teen die Puk, en skryf nie net ‘n paar stories nie. Die tydsberekening is ook baie verdag- net gewag dat Dr Eloff begin uittree. Hy kla oor die boelie v studente, maar boelie nou almal op die Puk. Dit maak v Basson ‘n veel groter en wreder Boelie as waarvan hy die Puk-seniors beskuldig. Basson misbruik willens en wetens die selektiewe foto’s as ‘n knuppel in ‘n poging om die laaste Afrikaanse Kampus te ‘Transformeer’.

gerhard visser ·

Basson moet ondersoekend berig oor die gebalde vuis in die lug wat gereeld in die openbaar gesien word. Hy kan die lesers van sy koerant inlig oor die ontstaan en betekenis daarvan en waarom net swart mense die teken wys. Hy moet ook navorsing doen oor die volgende organisasies en onpartydig en hopelik objektiewe mening daaroor uitspreek: Die Black Lawyers Association, Black Sash, Black Accountants Association ens. Ek glo hy weet van andere ook. As hy die moed van sy oortuiging het en nie ander ten koste van die Afrikaner ter wille wil wees nie, dan sal hy ook standpunt daaroor moet inneem. Hy kan n mooi foto van Madiba se beeld op Naval Hill in Bloemfontein plaas ter illustrasie van die vuis!

Herman Baumgarten ·

Mense as Hitler en die nazi’s dan sulke vreeslike mense was wat van die Engelse wat eweveel Afrikaner vrouens en kinders vermoor het in die konsentrasiekampe gedurende die Anglo -Boereoorlog. Is dit dan ook verkeerd om hierdie Engelse gebruike en selfs hulle taal te gebruik aangesien dit ons as Suid-Afrikaners eerder geraak het as die Nazi’s. Aangesien mens dan nou moet belaglik wees in Suid-Afrika waarom dan nog die Amandla(gebalde vuis in die lug) toelaat aangesien dit my as Suid-Afrikaner eerder bedreig aangesien dieselfde mense ook Kill a Boer kill afarmer sing. moet ons dit nie ook verbied nie en terwyl ons belaglik is wat van die Amerikaners wat miljoene Indiane vermoor het. Waarom verban ons nie sommer die gebruik van hulle vlag en selfs die films wat so vol Amerikaanse propaganda is nie. Kom nou mense al die goed het jare gelede gebeur, maar ons sit nog in die verlede vas. Byvoorbeeld apartheid is al amper twintig jaar dood en nog steeds sit ons daarin vas. Kom by mense ons leef in 2014

mariaan ·

En so kry Adriaan Basson toe ook sy oomblik van glorie! Kom ons hou duime vas sy droom word verwesenlik dat een van die linkse koerante hom raaksien en hom ‘n pos aanbied.

Afrikanerbul ·

Is almal mal????
Het julle die video gesien?
Die foto wys nie alles nie. Dis selektief geneem
Daar is ten minste TWEE SWART studente HEEL VOOR wat ook die “saluut” gee.
Die olifant in die voorhuis wat almal mis is dat dit NIE ‘n Nazi saluut is NIE.
Gasan kyk na die video en luister na die liedjie.
Dat dit toevallig AMPER soos ‘n Nazi saluut lyk is toevallig.
Hulle sing onder andere “Blommetjie gedenk aan my en maak ‘n KLOMP passies en”moves”.
Een lyk toevallig AMPER soos ‘n Nazi saluut.
Gaan kyk na die video en sien SELEKTIEWE beriggewing en hoe ‘n toneel gedokter kan word.
Hoekom wys hulle nie die SWART studente wat saamsing nie?

Dit is m.i onetiese beriggewing.
Toale verdraaiing van wat die studente gedoen het.

Kyk na die video en oordeel self.

http://www.youtube.com/watch?v=-_iYCDxOvwo

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.