Deel van Toronto beleef dalk donker Kersfees

Foto: Reuters

Foto: Reuters

Inwoners van ‘n deel van die Kanadese stad Toronto kan dalk Kersfees steeds in donkerte gehul wees, nadat ‘n kragonderbreking Sondag voorgekom het.

Baie slegte weer maak dit vir die nooddienste baie moeilik om die kragtoevoer te herstel. Bome word voor hul oë op kragdrade omgewaai. Die burgemeester, Rob Ford, het vroeër aangedui dat ‘n noodtoestand dalk uitgeroep kan word, maar later daarteen besluit omdat die “herstelwerk flink vorder.”

Temperature van tot minus 27 grade celsius is oor die afgelope paar dae in Toronto gemeet.

Toronto het meer as ‘n miljoen inwoners, terwyl die Groter Toronto-omgewing sowat 6 miljoen inwoners het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

So is dit weer net n bewys, moeder natuur is die meester van enige tegnologie, nietemin, sterkte en ek hoop die probleem word spoedig herstel.

Peter Says ·

Aan al my forum vriende, n Geseende Kersfees word julle almal toegewens en ook vir almal by Maroela alles wat mooi is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.