Deelnemer sterf in hindernis-wedren

Foto: Warrior SA, www.warrior.co.za

‘n 28-jarige man van Midrand is Saterdag tydens ‘n langafstand hinderniswedren in Centurion, Pretoria, oorlede.

“’n Deelnemer het inmekaargesak, en ondanks pogings van ‘n volle mediese span, het hy ongelukkig gesterf,” het die organiseerders Sondag in ‘n verklaring gesê. Die wedren was die tweede van agt wedrenne in die Warrior Series, met wedrenafstande tussen 800m vir kinders en 20km vir volwassenes.

Die man het aan die 10km-wedren vir beginners deelgeneem, en het net voor die halfpadmerk ineengestort. Volgens die wedren se webwerf hardloop deelnemers deur veld, bos, modder en riviere. “Ons is baie hartseer om een van ons ‘krygers’ te verloor,” het die organiseerders gesê.

Die man se naam sal Maandag bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.