Dele van Noord-Kaap moontlik as rampgebied verklaar

Brande in die Noord-Kaap

Dele van die Noord-Kaap wat weens brande verwoes is, gaan glo as rampgebied verklaar word.

“Boere het baie skade gely en hulle hoop dat die skadebepaling teen volgende Vrydag afgehandel sal wees,” het Henk van Wyk, president van Agri-Noord-Kaap, Woensdag gesê. Volgens Van Wyk sukkel die boere met voer en is daar byna niks in die provinsie beskikbaar nie, berig OFM.

In voorlopige opnames deur die departement van landbou in die Noord-Kaap is bevind dat sowat 215 000 ha weiding in die omgewing van Kuruman en Koopmansfontein in die slag gebly het. In sekere dele het die brande tot 10 dae lank gewoed.

Die departement en afgevaardigdes van die National African Farmers Union (Nafu) het in ʼn verklaring aangekondig dat sowat R2,75 miljoen onmiddellik as hulp aan die landbougemeenskappe beskikbaar gestel sal word, berig landbou.com. “Dié hulp is onmiddellik beskikbaar vir dringende veevoer en die vervoer van veevoer na die gebiede,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.