Demilitarisering van die polisie

Riah Phiyega

Riah Phiyega, nasionale hoof van die polisie, het Dinsdag gesê daar is planne om die polisie se strukture onder die Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP) te demilitariseer.

Phiyega is tans onder kruisverhoor by die Farlam-Kommissie van Ondersoek in Rustenburg. Adv. Mbuyiseli Madlanga het haar uitgevra oor die pogings wat sy aanwend om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te hervorm kragtens voorstelle wat in die NDP gemaak is. Madlanga sê die NDP versoek ‘n “dringende demilitarisasie” van die polisiediens.

“Die onlangse militarisering van die polisie het nie meer respek afgedwing by die gemeenskap nie, en dit het ook nie tot ‘n toename in skuldigbevindings gelei nie,” het Madlanga uit die NDP voorgelees. “Demilitarisering vereis veranderinge in die polisiekentekens, militêre range en dwangbevele om ‘n burgerlike polisiediens as ‘n eerste fase van gemeenskapspolisiëring te skep.”

Die NDP is ‘n produk van die Nasionale Beplanningskommissie onder leiding van die minister van nasionale beplanning Trevor Manuel, adjunk-president van die ANC Cyril Ramaphosa, en Business Leadership SA se Bobby Godsell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

hu kan hulle verwag mens mut respek he vir i polisiemang wat di publiek aanrand? ek praat nie van di krimenele ni, maar erl van onskuldige mense wat geteiken word. dit gebeur daagliks dat hulle hulle frustrasies op di publiek uithaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.