Departement besorg oor wiskundepunte

Graad 9-leerders het glo slegs 13% in wiskunde behaal tydens die jaarlikse nasionale assessering (ANA).

Provinsiale prestasie wissel tussen 9% en 17%, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê. Die uitslae is Maandag in Tembisa, oos van Johannesburg, bekendgemaak. “Hierdie uitslae verduidelik tot ʼn groot mate waarom, onder andere, ons so groot druip- en skoolverlatersyfer in Graad 10 en 11 sien.”

Motshekga sê die departement is baie bekommerd dat min leerlinge verder in wetenskap en wiskunde studeer. “Die vrees vir mislukking is baie groot, aangesien hulle gereeld ander sien wat nie die paal haal nie,” het sy gesê.

Volgens Motshekga het leerders in die grondslagfase (graad 1, 2 en 3) goed gevaar. Daar is ook ʼn verbetering in die tussenfase (graad 4, 5 en 6).

Die nasionale gemiddeld in geletterdheid in graad 3 is hierdie jaar 52%, teenoor die 35% in 2011.

Die nasionale gemiddeld in taalgebruik die jaar is 43% (huistaal) en 36% (eerste addisionele taal), teenoor 28% in 2011. “Ons doelwit vir 2014 is 60%,” het sy gesê.

Die ANA is ʼn toetsprogram wat van alle skole vereis om dieselfde, graadspesifieke taal- en wiskundetoetse vir graad 1 tot 6 en 9 moet ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.