Departement gryp in oor suur mynwater by Carolina

Die departement van waterwese het die naweek ingegryp in die situasie in Carolina in Mpumalanga waar drinkwater met suur mynwater besoedel is.

ʼn Woordvoerder van die departement, Themba Khumalo, sê daar is ʼn vinnige reaksiespan van wetenskaplikes en ingenieurs aangestel om die plaaslike owerhede te help om swaar metale soos yster, aluminium en mangaan uit die drinkwater te verwyder. Hy sê amptenare van die plaaslike owerheid giet daagliks dosyne sakke kalk in die dorp se drinkwater om die pH-vlakke te verhoog en water te verskaf aan die sowat 15 000 inwoners. Daar word steeds gepoog om aluminium uit die water te verwyder en is die water steeds nie drinkbaar nie. Water om te drink word intussen van Breyten en Chrissiesmeer gebring. Khumalo sê die departement het aangebied om die gemeenskap geldelik by te staan terwyl die water ingebring word en om twee water trokke te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.