Departement ontken rookkamer

Argieffoto

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het Dinsdag aantygings dat hy R2.4 miljoen aan opgraderings vir ‘n rookkamer spandeer het, ontken.

“Die berigte is nie waar nie,” het Sam Mkhwanazi, woordvoerder van die departement, gesê. “Die geld is aangewend om ‘n registrasiekantoor op te gradeer. Binneshuise verdelingsmure en vinielvloerteëls moes verwyder word, en meganiese en elektriese installasies en lugversorging moes opgradeer word. Die registrasiekantoor moes ook uitgelê word, ablusiefasiliteite moes opgeknap word, nuwe toonbanke, nuwe sweefrakke en toegangsbeheer is alles by dié bedrag ingesluit.”

Mark Steele, provinsiale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie (DA) het Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid, vroeër uitgevra waarom die departement R2.4 miljoen aan opknappingswerk vir ‘n rookkamer by sy Natalia-hoofkantoorgebou in Pietermaritzburg spandeer het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.