Departement sal Beyonce glo nie betaal nie

Beyonce Knowles

Die departement van sport en ontspanning het Dinsdag ontken dat hy R17 miljoen vir Beyonce Knowles betaal het om later dié jaar by die sporttoekennings op te tree.

“’n Kontrak van R17 miljoen is nie onderteken nie,” het Alec Moemi, direkteur generaal van die departement, gesê, berig The Citizen. Moemi sê die departement reik elke jaar ‘n tender uit om maatskappye te versoek om voorstelle in te dien wat hulle sou aanbied indien hulle die geleentheid gebied word. Een maatskappy het dié jaar voorgestel dat Knowles moet optree, en dat hy borge hiervoor sou kon bekom. “Ons is gretig om Beyonce te ontvang, sonder om vir Beyonce te betaal,” het hy gesê.

Dit was egter net ‘n voorstel en die departement het nog nie ‘n besluit gemaak nie. “Ons sal nie so iets (om R17 miljoen te betaal) nie, maar indien ander mense daarvoor wil betaal en dit kragtens ons mandaat kan doen, sal ons gelukkig wees.”

Sosiale netwerke het Dinsdag die nuus versprei dat die departement R17 miljoen vir die sanger betaal het om in November op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.