Departement spandeer glo R2.4 mil aan rookkamer

Argieffoto

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het glo R2.4 miljoen spandeer om ‘n rookkamer op te gradeer.

“Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n vraag aan Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid, gestuur om te bepaal waarom die departement R2.4 miljoen spandeer het om ‘n rookkamer by sy Natalia-hoofkantoorgebou in Pietermaritzburg op te gradeer,” het Mark Steele, woordvoerder van die DA, gesê.

Steele sê die inligting is vervat in ‘n infrastruktuur-projekverslag wat op 18 April by die lede van die portefeuljekomitee vir gesondheid ingedien is. Hy sê dit is kommerwekkend dat die departement ‘n rookkamer het en dat dié bedrag spandeer is om die vertrek op te knap. “Ons wil ook weet hoe die departement hoegenaamd die uitgawe kan regverdig terwyl pasiënte, hier in Pietermaritzburg, oorvol klinieke moet besoek waar daar ‘n tekort aan personeel is,” het Steele bygevoeg.

Sam Mkhwanazi, woordvoerder van die departement, het gesê hy sal die departement se konstruksiemaatskappy hieroor moet raadpleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene45 ·

Wat nog, wanneer gaan hulle begin verantwoordelikheid neem vir hul onbesonne dade. Terwyl Rome brand speel “Zuma” op sy viool!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.