Departement stil na beweerde onwettige Malema-tender

Die openbare beskermer, Thuli Madonsela. Foto: GCIS

Die departement van vervoer in Limpopo het nog geen kommentaar gelewer sedert die openbare beskermer Woensdag ‘n tender aan On-Point Engineering onwettig verklaar het nie.

Advokaat Thuli Madonsela het gesê dié tender, wat aan On-Point Engineering toegeken is, ʼn maatskappy wat met Julius Malema was onwettig. Maroela Media het vroeër berig dat die tender, wat deur die departement van vervoer aan On-Point toegeken is, was onwettig, onvanpas en kom neer op wanadministrasie.

“Ons sal kommentaar lewer op wat die openbare beskermer gesê het. Ons is net in dié stadium nog nie gereed nie, omdat ons nog deur haar verslag moet werk,” het Joshua Kwapa, woordvoerder van die departement, Donderdag aan SAfm gesê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae