Die departement van vervoer in Limpopo het nog geen kommentaar gelewer sedert die openbare beskermer Woensdag ‘n tender aan On-Point Engineering onwettig verklaar het nie.
Advokaat Thuli Madonsela het gesê dié tender, wat aan On-Point Engineering toegeken is, ʼn maatskappy wat met Julius Malema was onwettig. Maroela Media het vroeër berig dat die tender, wat deur die departement van vervoer aan On-Point toegeken is, was onwettig, onvanpas en kom neer op wanadministrasie.
“Ons sal kommentaar lewer op wat die openbare beskermer gesê het. Ons is net in dié stadium nog nie gereed nie, omdat ons nog deur haar verslag moet werk,” het Joshua Kwapa, woordvoerder van die departement, Donderdag aan SAfm gesê