Departement van gesondheid mis R12 miljard

geldDie Gautengse departement van gesondheid kan nie rekenskap gee vir meer as R12 miljard nie. Dit is bykans die helfte van hul begroting, het The Star Maandag berig.

Die ouditeur-generaal Terence Nombembe het verlede week sy oudit vir die departement se 2012/2013 finansiële jaar na die provinsiale staande komitee oor openbare rekeninge gestuur.

Nombembe het bevind dat die departement se voormalige rekenmeester, Ndoda Biyela, versuim het om effektief te verhoed dat R5.7 miljard onreëlmatig besteë word en dat meer as R408 miljoen gemors is.

Die departement het meer as R324 miljoen aan goedere en dienste oorbestee. Ander onreëlmatige bestedings is R270 miljoen aan sekuriteitkontrakte, R825 miljoen aan ongevraagde tenders en R120 miljoen aan infrastruktuur- onreëlmatighede.

Die ouditeur-generaal het gesê die departement is nie in staat om sy kontraktuele verpligtinge na te kom of diensverskaffers binne 30 dae te betaal, soos wat die wet vereis nie.

Hy het ook bevind dat die departement werknemers aangestel het sonder om die behoorlike prosedures te volg en kon nie bevestig dat die departement meer as R2 miljard in inkomste uit pasiëntbetalings en buurprovinsies ontvang het nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

John Jolifion ·

Kan dit waar wees? Hoe de dinges verloor jy R12 miljard?

Willy ·

Wat de hel gaan daaraan? Miljoen is baie! Miljard! Te veel vir my brein.

Naal de Koker ·

Departement van Gesondheid MIS 12 miljard, ek MIS laas maand se pay……..lol
Dis kwalik ‘n bedrag wat sommer GEMIS WORD

Jasper ·

Fire die hele Dept.
Vermors, verdeel, verspeel , gedeel, gesteel so kan mens aangaan.

K@bous ·

Weet hulle ooit hoeveel is R 12 Miljard? Dit belaglik en sommer net plainweg Pateties!

vuurvreter ·

More mense, willy en Jasper ek wonder of ons nie ook daar n job sal kry nie. Ek kort drasties R4miljard. Dis as ons nou dit n 3 deel. Ons sal darem vir Trippie en seg net en dink net en vir so paar ander ook n ietsie gee. So 1miljoen elkeen.

Willy ·

Môresê Vuurvreter. Kom ek gaan saam met jou dan demand ons ‘n job. Daai is ‘n puik idee van jou. My probleme sal dan iets van die verlede wees haha.

Dinknet ·

Is ek wragtig in tel?? Ek sou kon doen met n miljoen….. Klink Lucas Maree nou in my ore!

Jasper ·

Die Premier van die Provinsie moet mos weet wat in elke Departement aangaan. Fire hom/haar wie dit ookal is,ook sommer.

Fransie ·

Dit is skrikwekkend ….. hierdie is een department, ek dink as ons van al die ander moet weet en sommetjies maak slaap ons nooit!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.