Departement verhaal miljoene bedrogspulgeld

geld 2

Die departement dagvaar die sakeman, Sayed Hoosen Mia, en die twee voormalige beamptes, Desmond Simamane en Thabo Moagi. Hulle word daarvan verdink dat hulle die regering uit R40 miljoen gekul het duur ʼn huurkontrakbedrogspul.

“Ons het reeds die meeste van die verlore geld tot dusver van ander departemente verhaal,” het Phillip Masilo, ʼn woordvoerder van die departement, Maandag gesê. “Die departement moet nou nog net 8 miljoen daarvan van dié drie terug kry.”

Die departement het twee jaar gelede begin om hul huurkontrakte te hersien. Dit het gelei tot ʼn interne ondersoek.

The Star het Maandag berig dat die bedrogspul, wat in 2006 begin het en vir vyf jaar geduur het, daartoe gelei het dat die departement R40 miljoen se huur vir ses geboue in Johannesburg aan Mia betaal het.

Simamane en Moagi het na bewering omkoopgeld van Mia ontvang in ruil daarvoor dat hulle hom aanbeveel vir huurkontrakte vir kantoorruimte vir ander nasionale staatsdepartemente. Ten spyte van die geld wat betaal is, is die geboue is nooit gebruik nie. Simamane en Moagi is sedertdien afgedank.

Volgens Masilo sal die saak in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word. ʼn Datum daarvoor is nog nie vasgestel nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dan ·

Nog R8 miljoen wat teruggekry moet word? Kleingeld in vergelyking met die sowat R33 BILJOEN wat elke jaar uit die Staatskas verdwyn en waarvoor geen verklaring kwansuis gegee kan word nie. Wanneer gaan daar stappe teen die skuldiges geneem word – nooit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.