Departement vra steun vir stakende plaasarbeiders

Tina Joemat-Pettersson

Stakende plaasarbeiders in die Wes-Kaap gaan kos en ander steun ontvang op versoek van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye.

Joemat-Pettersson se woordvoerder, Palesa Mokomele, het Woensdag in ʼn verklaring gesê dié stap volg nadat verskeie plaasarbeiders nie betaal is sedert hulle in die provinsie begin staak het nie.

Skade in die provinsie beloop sowat R8,2 miljoen. Verlede maand het arbeiders in sowat 16 dorpe regoor die provinsie aan ʼn twee weeklange staking deelgeneem waar hulle ʼn dagloon van R150 en beter lewensomstandighede geëis het. Twee mense is tydens die gewelddadige stakings dood, winkels is geplunder en verskeie wingerde is afgebrand.

Die departement het ʼn beroep op die publiek gedoen om die arbeiders dié feesseisoen te ondersteun deur voedsel en skooltoerusting te skenk.

Skenkings kan by die Suid-Afrikaanse Kosbank se pakhuis in Epping, Kaapstad, van Maandae tot Vrydae tussen 08:30 en 15:30 afgelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

mina ·

ek verstaan nie lekker nie nou strike hullle en nou moet hule kos kry so die probleem word erger hulle gaan nie worry nie gaan al hoe meer staak en weet iemand gaan sorg dat hulle kos en ander behoeftes kry. gaan die boere wat skade gekry het ook vergoed word. die boere kan maar sukkel dit mos hulle eie probleem nee kyk dit werk nie so nie.

Linda Holmes ·

Ok, nou waar sal ek begin om te brand, af te breek en kyk waar ek die meeste skade kan aanrig sodat ek die kersfees kan kos kry – miskien moet ek die familie wat kom kuier ook saamvat dan het ons almal genoeg kos en die wat kinners op skool het, het dan ook hulle skooltoerusting vir 2013.

Jy sien, dis mos nie uit my eie keuse wat ek bogenoemde gaan doen nie ek word gedwing met ‘n vuurwapen teen my kop om dit te doen – gee ander die skuld dan word daar vir my gesorg.

Ons maak almal ons eie keuses in hierdie lewe……..kies tussen reg (of jy dit NIE gaan doen) of verkeerd (of jy dit WEL gaan doen) , bly jou keuse moenie nou huil as jy nie salaris kry nie. Mense het met hul lewens betaal!

christine naude ·

Wraggies ek kan dit nie glo nie….niemand het hulle gedwing om te staak…..gee liewers vir die plaasboere wat skade gelei het geld, maar om die simpele plaaswerkers wat gestaak het nog kos te gee is wraggies ONGELOOFLIK….hoop nie daar is wraggies nog mense wat hulle nog gaan instop nie.

Brenda ·

Pragtig! Dit is mos hoe dit werk in ons land. Plant bomme, vermoor mense, voer gewelddadige terreurdade uit en jy word verkies tot die land se nuwe staatspresident en kabinetsministers. Word ‘n veelwywer, verkragter en geldverduisteraar en jou woning word opgegradeer met R240 miljoen. En dan betoog, plunder, brand en veroorsaak anargie en gratis kos en skooltoerusting word aan jou voorsien. Die Bybel se voorwaar:” IN die laaste dae sal wat reg is verkeerd wees en wat verkeerd is reg wees. Ons leef in daardie einste laaste dae…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.