
Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale verhoudings en samewerking. Foto: Flickr/GovernmentZA
Nelson Kgwete, woordvoerder van die department, het gesê dat hulle nie die naam van die persoon bekend sal maak alvorens die ondersoek afgehandel is nie en dat die amptenaar “met die polisie saamwerk”.
ʼn Noorweegse aanlyn-publikasie, News in English, het berig die amptenaar het probeer om vir die polisie weg te jaag vlug toe hulle agterkom hy bestuur wisselvallig. Hy het daarna glo in ʼn aankomende motor vasgejaag terwyl hy probeer wegkom het. Die insittende van dié motor het haar heup gebreek en inwendige beserings opgedoen.
Die DA eis dat die amptenaar “onmiddellik geskors” word. Stevens Mokgalapa, woordvoerder van die DA, het gesê dat hulle minister Maite Nkoana-Mashabane versoek om die amptenaar te skors en ʼn ondersoek van stapel te stuur.
Mokgalapa het bygevoeg dat die DA die kwessie tydens die eerste sitting van die parlement se komitee vir internasionale betrekkinge en samewerking sal opper.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
As een persoon geskors moet word moet die ander ook geskors word, dronkbestuur is erger as rasistiese uitlatings
Née dit geld net vir Wittes.
Is ek te na aan die waarheid?
…. en so vat ons ons sirkus buitleland toe! Maskas! Het ons wraggies nog nie genoeg eier in die gesig nie!
Ai mense julle verstaan nie . Hulle is self nie seker watter een van die klomp gevang is nie.