Departement weerhou identiteit van SA diplomaat wat vas is vir dronkbestuur

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale verhoudings en samewerking. Foto: Flickr/GovernmentZA

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale verhoudings en samewerking. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking weier om die identiteit van die Suid-Afrikaanse diplomaat in Noorweë wat Sondag vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, bekend te maak.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die department, het gesê dat hulle nie die naam van die persoon bekend sal maak alvorens die ondersoek afgehandel is nie en dat die amptenaar “met die polisie saamwerk”.

ʼn Noorweegse aanlyn-publikasie, News in English, het berig die amptenaar het probeer om vir die polisie weg te jaag vlug toe hulle agterkom hy bestuur wisselvallig. Hy het daarna glo in ʼn aankomende motor vasgejaag terwyl hy probeer wegkom het. Die insittende van dié motor het haar heup gebreek en inwendige beserings opgedoen.

Die DA eis dat die amptenaar “onmiddellik geskors” word. Stevens Mokgalapa, woordvoerder van die DA, het gesê dat hulle minister Maite Nkoana-Mashabane versoek om die amptenaar te skors en ʼn ondersoek van stapel te stuur.
Mokgalapa het bygevoeg dat die DA die kwessie tydens die eerste sitting van die parlement se komitee vir internasionale betrekkinge en samewerking sal opper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Rina Pretorius ·

As een persoon geskors moet word moet die ander ook geskors word, dronkbestuur is erger as rasistiese uitlatings

Meraai ·

…. en so vat ons ons sirkus buitleland toe! Maskas! Het ons wraggies nog nie genoeg eier in die gesig nie!

chrisp ·

Ai mense julle verstaan nie . Hulle is self nie seker watter een van die klomp gevang is nie.

j ·

Haai ons en die Noorweegse Regering moet nou net vreeslik versigtig wees, nou nou is ons ook in die sop by die mense regte kommisie en die ANC en die DA. Kom on wees polities reg asb. Die persoon agter die stuur was seker vreeslik gestres en vol verlange terug huistoe, dis die dat die persoon so krom en skeef gebetuur het.

GES ·

Hulle was genoodsaak om ‘n drankie te neem om van die geweldige verlange en stresvolle werk te ontsnap.

GES ·

Dit is ‘n skande vir enige diplomatieke diens personeellid om hom / haar skuldig te maak aan drankmisbruik. Dit is die verteenwoordigers van die land. Dit is blykbaar ‘n siekte binne cANCer geledere. Dit het blykbaar iets te doen met agtergrond en opvoeding.

vermeende ·

Verteenwoordigers van die land is een manier om daarna te kyk, ek sou eerder se hulle is verteenwoordigers van die ANC wat die optrede heel gepas en aanvaarbaar maak.

Francois ·

Die ANC is nie alleen magsdronk nie, hulle is ook sommer dronk agter die stuurwiel. Skande!

Kaspaas ·

Die DA moet pasop dit is rassisme om enige iets en iemand van die ANC te kritiseer more word klagtes by die menseregte komissie gele en by Hillbrow Polisie.

anna ·

dit is goed dat die bestuurder van die voertuig hom/haarself so adverteer sodat die wereld die tekort van integriteit en morele waardes kan waarneem waarmee ons daagliks hier sukkel

M A ·

Dit klink al te baie soos “bloulig brigade” streke. Dit werk nie te lekker oorsee nie. Die bestuurder van die ander motor is ernstig beseer. En wat het die dronkie oorgekom?

Peet Schabort ·

Die diplomaat moet net ‘n bloulig-brigade kry dan sal alles goed en wel verloop. Ons sien mos hier ter plaatse hoe hulle met moord wegkom.

Vicus ·

Dit is absoluut kommerwekkend dat n verteenwoordiger van n land so optree. Hierdie voorval is egter simptomaties van n veel groter probleem, naamlik die gebrek om verantwoordelikheid vir jou optrede te aanvaar. Ons moet maar aanvaar dat hierdie voorval, sodra die stof gaan le het, weereens net onder die mat gevee gaan word . Die Skandinawiese lande is baie streng ten opsigte van verkeersoortreders en wonder ek hoe ver diplomatieke imuniteit strek.

GV ·

Ek het al die wonderlike voorreg gehad om drie keer in Noorweë as ‘n toeris vakansie te hou en elke keer ‘n motor gehuur en self bestuur. Die gedrag van bestuurders op die paaie tussen Noorweë en SA verskil letterlik soos dag by nag. En hier verwys ek na algehele gehoorsaamheid rondom spoedbeperkings, padtekens, volgafstande, ens.. Ek het na elke vakansie in Noorweë met ‘n SKOK voet aan wal gesit in SA, terug in die barbaarse werklikheid. Ek hoop die Noorse owerhede maak ‘n goeie voorbeeld van hierdie diplomaat.

Theresa B ·

En die sirkus duur voort en die reels en regulasies geld net vir sekeres……………………..
Dit sal nooit verander in hierdie land nie. Alles geld net vir die een klomp en alles wat verkeerd loop hier of oorsee is ook ons skuld.

Sune van Heerden ·

Dagsê Karolis

Ons vra om verskoning vir die flater wat ongesiens verbygegaan het! Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jen ·

Dis glad nie nuus nie, hulle dade en skandes word altyd onder die mat ingevee. Hulle beskerm mekaar en daar gaan niks van kom nie omdat hul almal ewe kurrupt is

sarie van heerden ·

GV, niks sal van hierdie dronk diplomaat kom nie want hul geniet diplomatieke immuniteit.

marianna ·

Eerstehandse inligting omtrent hierdie geval. My swaer in Noorwee se hierdie vrou, ‘n welsynswerker het in die grill van die motor vasgesit, sy is oorlede. Hierdie man was al gemerk van die polisie in Oslo want hy was telkemale voorheen gestop vir dronkbestuur.

Roy ·

Jaag aan en kom SA toe ons het klaar ‘n pos vir jou geskep my kader

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.