Departement wil paroolbevel teenstaan

Die departement van korrektiewe dienste wil appèl aanteken teen ʼn hooggeregshof-beslissing dat Cornelius van Wyk op 1 Januarie 2012 op dagparool vrygelaat moet word.

Van Wyk is in September 1994 drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moorde op Maria Claudine Roux en twee van haar werknemers. Van Wyk, toe 20 jaar oud, het die drie op 13 Oktober 1991 op ʼn hoewe buite Louis Trichardt vermoor. Hy was glo ʼn lid van die Nasionaal-Sosialistiese Partisane. Die hooggeregshof in Pretoria het glo parool aan Van Wyk toegestaan nadat die minister van korrektiewe dienste glo vier maande gelede versuim het om die besluit te neem. Die departement het glo geweier om Van Wyk se parool te oorweeg waarna hy die saak na die hof verwys het. Die departement is beveel om sy parool te oorweeg onder die wetgewing wat op hom van toepassing is. Die paroolbeleid het in 1994 verander en vereis dit dat 20 jaar van lewenslange tronkstraf uitgedien moet word voordat parool oorweeg kan word. Die paroolraad het aanbeveel dat Van Wyk op parool vrygelaat word maar die minister het versuim om ʼn besluit te neem. Op 28 Augustus het die hof die minister ʼn maand gegee om ʼn besluit te neem maar sy het weereens nie ʼn besluit gemaak nie waarna die hof glo besluit het dat Van Wyk op 1 Januarie 2013 op dagparool moet vrygelaat word. Die departement sê hy studeer tans die hofbeslissing met die doel om dit teen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.