Derby-Lewis mediese parool geweier

ʼn Aansoek om mediese parool vir Clive Derby-Lewis (77), wat lewenslange tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, is geweier.

eNews Channel Africa (eNCA) het Sondag berig dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) se mediese adviesraad besluit het om nie toestemming te gee vir Derby-Lewis se vrylating weens mediese redes nie. James Smalberger, adjunk-hoofkommissaris van die DKD, het aan eNCA gesê dat Derby-Lewis van die raad se besluit ingelig is. Derby-Lewis se vrou Gaye het in Augustus verlede jaar namens haar man om mediese parool aansoek gedoen. Hy is in 2011 normale parool geweier. Derby-Lewis ontvang behandeling vir verskeie kwale soos velkanker, hoë bloeddruk en prostaatkanker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.