Derby-Lewis se medieseparool-aansoek afgekeur

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool is van die hand gewys.

eNews Channel Africa het Sondag berig dat die mediese adviesraad besluit het om nie parool toe te ken aan Derby-Lewis (77) nie. Hy het om mediese redes aansoek gedoen om vroeër vrygelaat te word. James Smalberger, hoof adjunk-kommissaris van korrektiewe dienste, het aan eNCA gesê dat Derby-Lewis oor die raad se besluit ingelig is. Hy kon egter nie mediese besonderhede oor die gevangene bekendmaak nie, maar gesê Derby-Lewis kan besluit om weer aansoek te doen.

Beeld het in September verlede jaar berig dat Derby-Lewis se vrou, Gaye, aansoek gedoen het namens haar man. Sy het aangedui dat sy die aansoek indien aangesien hy kanker en gangreen het. Sy aansoek om mediese parool is in 2011 ook afgekeur.

Derby-Lewis is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord op Chris Hani, uitvoerende hoof van die SA Kommuniste Party in 1993. Hy het ‘n vuurwapen gereël vir die huurmoordenaar, Janusz Walus, wat ook dieselfde vonnis uitdien. Beide is aanvanklik ter dood veroordeel, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf afgeskaf is.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Maar ou Shabir Shaik speel golf! Dodelik siek! Ek hoop oom Clive kom darrem eersdaags vry en kry ‘n medalje, as hy werklik ‘n kommunis uitgeroei het. Dit is deur hulle dat ons land in die afgrond ingery word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.